top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#DadBod

Updated: Jun 8, 2020

Ek was in week een ‘n nie-roker en ek gaan nie lieg nie, dit was bitter moeilik. Ek kon dit nog nooit op my eie doen nie en het dus die hulp van my goeie vriende, my apteker en “Zyban” ingeroep.

Ek het hulle al vantevore genader, maar ek was 19 en in ‘n heeltemalle ander mindset en nie heeltemal reg om op te hou nie..Die keer was ek gereed om vir myself optehou en vir niemand anders nie.


Ek het ‘n week voordat ek heeltemal opgehou het alklaar sekere lekker gewoontes van rook begin afleer, rook in my kar is seker een van my heel gunsteling goed..ja ek weet dit lyk moer kommin (vanaf die kar langsaan) maar stringe rooi rasberry en geel pynappel stokkie lekkers het nogals gehelp met dit..so elke keer wat ek lus was vir ‘n sigaret..het ek ‘n stokkielekker in my mond gedruk..my kar en handsak het gelyk soos die van ‘n pedofiel wat lekkers uitdeel by laerskole, solank jy net nie “Nee tannie” se nie..haha

Die tweede moeilikste rook situasie was met ‘n glasie wyn, gin, bier..anything alcoholic, dit was pure torture veral met rooiwyn, maar dankie tog was dit hoog somer en dit was meeste van die tyd witwyn weer…dit was effe beter, maar nogsteeds bitter kak en moeilik. Ek het besluit dat ek myself gaan kondisioneer en van dag 1 af drink…SOOOOO drink dat ek uitpass, so diep slaap dat ek vergeet van rook en die groot lus daarna, ek weet dit klink mal maar dit het actually gewerk.

So bevind ek myself in week een, waar ek elke aand trashed raak (agv my new found conditional idea) , my ouers weg vir ‘n week en my beste vriendinne kom oor vir ‘n wyntjie.

Op die stadium was ek besig om met ‘n bitter oulike dude te gesels. Hy was loud,donker hare, bruin oe, out of the ordinary, praat uit sy beurt, 'n pa van twee (whats the deal met al die pa's lately..) onvanpas, tattoos, dad bod, takloos, hot, en effe wild..ok baie wild (teen die tyd het hy reeds vir my sexy fotos van homself gestuur, sonder dat ek vra..(nie dat ek ooit vra nie…duh) As ek nou mooi oor sy beskrywing terugdink…is ek fokken stupid..dit was ideal en hier sit ek tans in lockdown en wens net vir ‘n fokken vry of as krismis kom ‘n orgasme!!

My vriendinne is redelike kakstokers en het pretty much heelaand met hom oor en weer gevoicenote in my aanwesigheid en my uitgepimp vir ‘n date..die maandag aand.

Nie ‘n date waar jy gewine en dine word en jou deur vir jou oopgemaak word nie…NEE ‘n SEX date..omdat hulle gedink het ek het ‘n ordentlike pomp nodig.

Die scenario loop so..Hy kom kuier..ons drink ‘n drink en dan sex…wtf!! My vriendinne het self begin joke dat hulle my gaan begin uitpimp en actually geld maak…ja NOT cool, maar ek is steeds baie lief vir hulle benewens hulle kak idees..hulle is goeie mense.maar hierdie was ‘n fisiese transaksie, sonder romanse, sonder grappies en gesels…pure Sex.

Die probleem was..ek was nou in vir ‘n ding..’n pre orchestrated ding. #Dadbod was nie onder die indruk dat dit ‘n if or maybe gaan wees nie, maar ‘n defnitiewe gebeurtenis..its happening..NO PRESSURE! Fokken besties van my…nice.

Anyway hy maak dit toe duidelik dat as ek hierdie keer gaan bail..dit is hoe dit is met Steve..Natasha en die fiksheidsinstriktrise..die geselsies is verby.

Ek is nou nie juis daardie tipe nie en alhoewel my lyf soms baie harder as my kop praat…jammer ek kan nie. Ek is ‘n girl met feelings en ek gaan nie jok en se ek het nog nooit randomn omgang ervaar nie, maar dan was ek gewoonlik vaginaal geskonke aka dronk, maar ek het bietjie meer waardes en normes as dit ;dus bail ek toe op #Dadbod en dit was die einde van ons geselsies, maar ek moet ook byse ek dink..soos wat hulle in engels se..he would’ve fucked me like a racehorse..maar ongelukkig is dit nie genoeg vir my nie..ek is op ‘n stadium waar ek meer soek, nie net ‘n fisiese connection nie..maar actual conversation en ‘n relationship.

Ek vind steeds iemand se brein en intiligensie as een van die sexyste dinge ooit..and why the hell should I settle for less or live HOPING that he might just fall in love with me..dis naief, as iemand ‘n fuckbuddy soek…girl moenie dink jy gaan die man draai nie..dis al wat jy gaan wees…’nFuckbuddy!!

Ek wens vir een aand kon my brein,my lyf en my hart net paaie skei en ek kan uitslet,om net fisies die ultimate tyd te he, maar helaas..so gemaak en so gelaat staan, ek is maar nou eens iemand wat nie daai dele van my kan skei nie. Ek is ‘n groot aanhanger van sex and the city en moet se dit lyk altyd so avontuurlustig, bevrydigend en bevredigend as Carey of Samantha ‘n man ontmoet en dis net pure koitus, maar dis al wat dit is..avontuur..en na die tyd word jy agter gelaat met ‘n diep alleenheid en self verwyt..ons kan maak asof ons ok is, maar ongelukkig dink ons girls anders en dis actually nie ok nie.


Girl, jy is alles werd en jy verdien waarna jy soek, moenie moed opgee nie!!!








117 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page