top of page
Search
Writer's pictureoujongnooitjie

#NuweJaarBeterVersion

Elke jaar op die 31ste Desember, maak mens nuwe voornemens vir die nuwe jaar..

“New Year, New Me” Bullshit!! Al hierdie voornemens van hoe jy gaan ophou rook,geld spaar, net oor naweke drink, 7kg verloor ens ens ens..

STOP MET DAAI KAK! WAT van…nuwe jaar, beter version van myself? Stel kleiner, meer realistiese doelwitte, een stappie op ‘n slag ipv “Cold Turkey”. I mean lewe is kort en mens moet steeds lewe geniet, maar tog ook jouself verbeter…mens noem dit balans. Moenie jouself bombardeer met al hierdie veranderinge op een slag nie.


2021 het my so baie geleer van beseffings tot dankbaarheid en persoonlike onthullings en daarvoor is ek bitter dankbaar.


Ek is blessed met amazing ouers, my ma en pa is nou al 46 jaar getroud. (happily at that, ek bedoel hoeveel mense se ouers is deesdae geskei of selfs gelukkig) My pa soen nou nog my ma baai as hy net Spar toe ry om die koerant te gaan koop , hulle hou nog hande vas, gesels sonder ophou (om eerlik te wees, hulle is mekaar se favorite geselskap en hulle het nie eintlik eers veel vriende nie, want hulle is mekaar se beste vriende) en is nogsteeds seksueel aktief…ek bedoel Fok- Dis die ultimate “relationship goal”.


Vriende wat daar is vir mens, wat jou bystaan, sterker maak en jou call op jou bullshit (inherent jou beter maak). Sommige vriende sien mens min (lewe raak besig,babas, nuwe jobs, mense gaan deur shit en obviously het Covid bitter baie gefok met planne), maar wanneer jy hulle sien..”you just pick up where you left off” asof julle mekaar gister gesien het. Dan natuurlik ook die KAK vriende..wat net daar was vir ‘n reason, season of ‘n lesson. Die fun deel van ouer word is mens raak al hoe minder lus vir kak, drama en mense wat jou emotionally drain en dis goed om die kaf van die koring te skei…soos vriendskaplike spring-cleaning.


Ek het geleer dat alhoewel ek mense wil help, MY metode nie altyd die beste is nie (hou jou fokken staaltjies vir jouself Heidi) en dat ek soms net moet shut up en luister, want soms soek mense net ‘n oor.


Ek het geleer om minder te gee van myself emotionally en om beter om te sien na my eie psige sodat my glasie darem tenminste altyd genoeg water in het. As jy wil chill ipv uitgaan, stop die leuens en verskonings, DIE MENSE wat saakmaak sal verstaan as jy net nie lus is nie. Mens kan nie fokken ALMAL help nie!



Ek het geleer dat EK, Heidi van Wyk goed genoeg is as mens, my persoonlikheid en my mens wees.

KNOW YOUR WORTH!!!

Alhoewel ek sex appeal het, is ek NIE sex nie en ek hoef nie iets fisies te doen om myself te bewys nie…en enigeiemand wat dit verwag is ‘n doos en kan FOKKOF!!


Ek het geleer om op te staan vir myself, ipv om net stil te bly om die donnerse vrede te bewaar. (taktvol though)


Ek het weereens besef hoe blessed ek is met ‘n werk wat ek love met great kollegas en ‘n baas wat in my glo en die beste in my sien en als in sy vermoeë doen om my die beste version van myself te maak.


Ek het besef dat ‘n vrou se intuïsie NOOIT verkeerd is nie, as iets “to good to be true is” of jy voel daar is ‘n slang in die gras…GLO DIT, jou gut lieg nooit nie!!


Ek het besluit om hierdie jaar onder my skuilnaam uittekom en die wêreld te laat weet dat ek Oujong Nooitjie is.

Dit was ‘n lang gewik en geweeg, want ek was bang vir wat die mense sou sê, wat hulle sou dink ens. maar ek het ook geweet dat as ek vir mense wys daar is ‘n actual gesig agter die naam en die stories kan mense relate met ‘n regte mens en dat ek so MEER mense kan help uit my ondervindings uit.


Ek het geleer dat die “American Visa Lottery” nie ‘n internet hoax is nie en dit ACTUALLY gebeur.

My sussie en haar man bly nou al vanaf April maand in Seattle, Amerika en het al hulle Green Cards.


Ek het geleer om meer tyd te maak vir mense en elke nou en dan jou eie reëls te breek (Ek byvoorbeeld verkies ‘n dagdronk en hou van vroeg by die huis kom, sodat ek nog kan chill…eks nie meer 19 waar ek tot 3uur die oggend wil uitgaan nie, ek wil 1 uur die middag uitgaan kuier en LAASTENS teen so 7uur by die huis kom, eet en dan nog ‘n bietjie chill), want al is mens nie lus nie, lewe is kort, mens raak ouer, Covid steel lewens en ons moet die tyd wat ons het ten volle benut, lewe is kort.


Dis hoekom ek sê.. FOK die “New Year, New Me” ding en probeer net elke dag leer uit jou foute uit, verander bad habits, luister meer ens. Change in jou 30’s is moeilik, want mens is al SO set in jou eie ways, maar probeer net elke dag, stappie vir ‘n stappie nader kom aan die beste version van jouself.

Dalk is “jou person” op dieselfde journey as jy en netnou, maar netnou is 2022 DIE jaar vir ons vir ware liefde. Liefde wat gee en nie afbreek nie, geduldige liefde, liefde wat luister, respekteer en net lief hê .(sonder om te vra). Almal soek hulle beste vriend met die obvious voordele en ons ALMAL verdien dit!


Happy New Year en mag elkeen van julle se 2022 ‘n amazing jaar wees met minder inperkings (Covid), meer self-reflection, nuwe uitdagings, avonture en meer happiness!! #NuweJaarBeterVersion.






295 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page