top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#Vlinders - Die swanesang


Dis 5uur die middag, ‘n vakansie dag en boonop die aand van die varsity cup final.

#Vlinders het my al vroegdag genooi na ‘n kuier by sy kroeg (Stellenbosch..maties..rugby..dit gaan virseker ‘n groot jol wees) en ek , so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroeër wik en weeg al heel dag of ek moet gaan of nie.

Soos ‘n sucker (steeds in my pajamys) trek ek my partytjie pakkie aan (‘n paar tight skinny levi jeans, ‘n Rolling Stone t-shirt en ‘n paar wit Converse sneakers…hot, maar down to earth en low maintenance..ouens like dit mos) en durf die donker pad Stellenbosch toe aan vir die Varsity Cup.

Met my aankomslag is die plek bitter bedrywig, studente orals,sitplekke vol, Maties t-shirts waar jy kyk, baie bier en joligheid. Die meeste studente is teen die tyd al klaar lekker onder die prop, maar die vibe is lekker..rugby maak mos almal gelukkig.


Ek sien #Vlinders daar agter die kroeg staan besig om biere te tap, maar ek hou my pose en knik maar net my kop in sy rigting soos ek inloop..ek sal NIE na hom toe gaan om te groet nie…’n man jaag en ek is tans baie non chalant met hierdie kalant, want hy confuse my.

’n Halwe Castle light draught later (ek sit toe by ander gemeenskaplike vriende) kom sê hy hallo..teen die tyd al lekker aangeklam en vol grappe kom sit hy toe sommer so blatant op my skoot… sy broek sopnat omdat helfde van die keg op hom uitgespuit het (dis wat gebeur as jy drink terwyl jy werk…jy vang kak aan), vir wat kry ek nou hierdie skielike aandag?


My gevoelens was effe anders oor hom die keer..ek weet nie iets het verander. Daai alles wat daar was..is daar maar dis minder en wel…anders en ek het geen idee hoekom nie…canadian?

Daar is ‘n hele string jongerige student meisietjies wat hier rondhang en #Vlinders bewonder. Is dit hy wat aanleiding gee..sy sjarme..of dalk net hulle koeke wat hulle pla? Ek moet sê though hy het hierdie ongelooflike magnetisme omtrent hom wat alles en almal om hom aantrek.

Ek sit en kyk aandagtig die laaste 5minute van hoe die Pukke net dalk die Maties kan destroy toe een van die girls..na hom toe hardloop (soos ‘n hondjie wat na sy baas se geroep kom). Daar is ‘n effense geselsie..en toe ‘n wille katoolse tiener vry.


WTF..ek wat ‘n dagdronk geniet het uit my pajamys geklim, my hare geflat iron en al die pad Stellenbosch toe gery in die aand agter ‘n man aan en hier staan hy en vry oop en bloot ‘n tween..

Wat de hel..

In ‘n oogwink was ek oor dit..die hele “ons” situasie..in een oomblik was ek pleinweg befok, befok oor die situasie, die feit dat ek gekom het en net sommer!

Ek was veronderstel om die aand by hom oor te slaap, maar in ‘n kwessie van 30 minute was hy net skoonveld. Ek sit in Stellies..te gekuier om huistoe te ry..op die Varsity Cup Final..die paaie vol polisie..hoe nou?

Spartan, een van #Vlinders se vriende sê toe dat hy gereeld by sy huis oorslaap en sy huis sleutels het. Sonder enige ander herberg vat ek toe die kans ..this story could’ve ended very differently (dis gewoonlik hoe Horror movies begin)..

Ek ry saam met hom na #Vlinders se huis toe waar ons vir ure lank lê en gesels oor verhoudings, lewe en so paar ditjies en datjies..tot hy my probeer vry het..Nuh-uh..ek probeer nou nog die parmesan reuk van sy Corsa bakkie uit my longe uit kry..jeez ek dog ek kots in my keel.


Anyway oor en verby met daai situasie gaan slaap ons toe, hy op die bank en ek op die matras..lyk my dis ‘n trend in die huis..haha (in die geval wou ek inelkgeval nie langsaan Spartan lê nie)


Die volgende oggend is ek vroeg uit die vere..#Vlinders se tuin is ‘n magiese plek vir inspirasie..veral vroegoggend terwyl mens een sigaret na die ander rook. Elke keer as ek myself in hierdie tuin bevind is dit asof my muse my oorheers..vol dinge..vol stories.

Ek vat die pen en handig myself oor aan my hart.

Die ink vloei soos ‘n rivier oor die bladsy ..konstant en ritmies soos die musiek wat deur my foon blêr.

Die deur gaan oop agter my en #VLinders plak homself langs my neer..

“ek is fokken jammer, ek is ‘n doos..ek moes nooit”

“Dis ok” val ek hom in die rede.

Dit was dit..en in ‘n oogwink was daai #Vlinders vir my iets van die verlede.












94 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page