top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#Vlinders - Deel 2

Na 'n incredible naweek in die beeldskone dorpie, Greyton by 'n majestical troue het ek weer my kop en sanity gevind en was heeltemal oor die #Vlinders situasie. Ek gaan nie jok en sê dit was die natuur nie, maar daar was wel 'n bitter aanloklike Kanadees betrokke. Ek was vir die eerste keer..in wat voel soos jare..weer op 'n goeie plek..min gepla oor #Vlinders- sy issues en al die emosionele mind games wat ek die afgelope tyd beleef het.


Dis Sondag middag, ek is pas tuis..skaars my grimering afgehaal..my hare vasgemaak in 'n morsige bolla en besig om 'n slukkie te vat van 'n heerlike, vars Ken Forrester Chenin blanc toe my foon aandui dat ek 'n boodskap het.

Dis 'n voice note van #Vlinders wat my nooi na 'n braai toe wat tans by sy huis plaasvind. Why...hy het obviously geen romantiese intensies met my nie?? uurrrgg en ek het nou net myself reggeruk en uit die greep van hierdie gevoel gekom en hier...in EEN voice note is ek van voor af ingekatrol. My hart klop..my hande sweet en in my gees is ek alklaar op daardie plaas. Ek wik en weeg..want hier mors iets ALWEER met my kop en ek hou nie daarvan as iets so beheer van my wese neem nie.


Ag jirrr voor ek my kom kry is ek in my kar, hare gewas en geflat iron en ek staan in die ry by Tops besig om 'n six pack Castle Lights te koop vir die braai (ek het nog 3 bottels wyn in my kar..FYI)..wel EN vir die pad soentoe want my senuwees is op die stadium op skerwe. Ek het darem 'n tydjie terug al die Maandag afgevat so ek het geweet daar was geen verpligtinge wat my aandag sou verg die volgende dag nie.


Van die oomblik wat ek daar aangekom het was alles natuurlik en gesellig. Ek het goed oor die weg gekom met al sy vriende, daar was geen awkwardness nie...om eerlik te wees..dit was asof sy vriende eintlik myne was. Ons het weer om die vuur gesit en sing..oomblikke..glimlagte..kyke en natuurlik #Vlinders..uuurg ek was dan nou net minder as 24uur terug oor al hierdie kak!


Erens deur die loop van die aand, na 3 biere en 'n bottel en 'n half wyn het ek die guts gekry om hom reguit te vertel van my gevoelens (ons girls soek mos altyd 'n antwoord..sekerheid..closure).. ek is nou nog nie heeltemal seker wat hy gesê het nie...(drank).. maar ek is seker hy het dit afgebrush met een of ander oulike dubbelsinnige grappie of 'n knipoog om die hele situasie te vermy of verder uit te stel.

As mens iemand nie wil hê-- WEES EERLIK...maar al hierdie kat en muis..hou iemand aan 'n lyntjie game shit..is NOT on.


Ons staan later weer almal saam om die vuur toe #Vlinders noem dat hy nooit iemand sal date wat rook nie..ek..so simpel/naief/people-pleaser soos ek is wou in 'n sekond al my slegte gewoontes vir hom opgee....


Ophou rook vir 'n man... NOOITJIE HET JY SOPAS AL JOU ALBASTERS VERLOOR??


Ek is nog altyd die een wat gesê het as 'n ou my nie aanvaar omdat ek rook nie..FOK HOM! Ek sal nie eers vir werk aansoek doen wat nie-rokers vereis nie. Mense is so kritiserend..so WAT.. omdat ek rook maak dit my 'n slegte..horrible..vuil mens wat gaan onderpresteer by die werk??

Watse tipe mens/mense dink hulle het die reg om my lewe en keuses te dikteer..gaan kak!


As mens lief is vir iemand maak jy compromises, jy rook minder, rook buite en het ter alle tye Listerine byderhand..maar om iemand NIE te wil date omdat hulle rook..VET FOK JOU!

And here I always thought "Love overcomes all" ...bullshit.

Ek sal nie ophou rook nie..ek dink nou terug en wonder actually of dit nie dalk sy subtle manier was om vir my te sê "nee dankie, tatta hasie" nie?


Inelkgeval..ek het vir hom presies gesê hoe ek voel en waar slaap ek toe...weereens in sy bed en HY..op die bank..waar in jou lewe?

Nog nooit in my 30 jarige bestaan het 'n ou NIE 'n move op my probeer maak nie..en kyk ek is NIE VAIN NIE, maar dit vat net 'n bietjie dutch courage en elke soldaat word verlei deur 'n bietjie lus..lus is mos uiteraard 'n lelike ding..lekker, maar lelik..

Ek het gevoel soos 'n ou , krom tannie met 'n lang blom rok---- WEERSTAANBAAR!


Die volgende oggend sit ek en een van sy buddies op die stoep besig met ons eie klein "oggend bier avontuur" ek is mos juis af. Ons drink bier na bier en vul ons alklaar teerbelaaide N1 longe met nog nikotien en kyk na You Tube Musiek Videos. So hier in die vars oggend lug, in die magiese tuin broei my liefde vir musiek opnuut uit en dis presies wat ek nodig gehad het.


Die dag eindig waar almal weer op eindig by #Vlinders se kroeg.

Skuins voor sonsondergang..menigte drinks later en geen kos in my lyf durf ek weer die lang pad terug huis toe aan.

Steeds en weer met daai onmisbare..herkenbare..


ongelooflike seer in my binneste.


Ek kon AL die eina vermy het as ek net Sondag middag in my Canadian "love-bubble" gebly het, maar nee..ek is mos nuuskierig en met my binneste gepla.


Ek weet nogsteeds nie wat hierdie kêrel se idee is en hoekom hy heeltyd vir my flikkers gooi as hy nerens wil afdraai nie..maar ek weet benewens alles..is daar steeds #Vlinders ...al is dit net van my kant af..















75 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page