top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#TheOneThatGotAway


Ek het onlangs met ‘n nuwe werk begin en ek was juis die Vrydag (die dag voor my verjaarsdag) George toe gestuur vir ‘n golfdag, waar ‘n hele paar van my nuwe kliente sou wees en mens moet mos network in ons game.


Toevallig is my pa ook in dieselfde industrie en ons pak toe die lang pad saam CAW toe aan, uitgekit met broodjies, meatballs en koffie vir die lang,vervelige pad.


Ek het so 2 maande terug weer begin rook en die 4 en ‘n half ure sonder nikotien het meer soos ‘n 14 uur vlug londen toe gevoel.

My pa laai my toe af by my gastehuis en ek het letterlik 20 minute gehad om klaar te maak omdat ons gedink het ons is baie laat..dit was al 15:30… maar fok, ek moes geweet het DIE golfdag is meer net vir die watergate en kak praat.


Ek rook toe vinnig n skelm sigaret, vat ‘n Portuguese shower (omdat my pa toe al voor die hek wag) grimeer sommer bo-oor oor wat ek reeds aanhet, en trek n ander toppie aan.


Met ons aankoms by die golfdag was die bar leeg, behalwe vir Hempies die kroegman wat rondgestaan het en krieket kyk op die grootskerm….soos ek gesê het..kak praat en watergate. (I mean..ek weet minder as fokkol van golf af behalwe vir woorde soos birdie, eagle en a hole in one, maar hulle het al 7uur afgeslaan..en mans kla oor ONS lank vat…what a joke 😉)


Teen 5 uur het die eerste manne begin instap, lekker getswala (gekuier).Stadig maar seker het meer en meer golf karretjies gestop en die manne..(GEEN vrou in sig) een vir een by die bar kom sit, waar ‘n paar ander eers huistoe is om te gaan regmaak vir die ete en prysuitdeling.


Ek het elke nou en dan uitgeglip met my my handsak om te gaan fotos neem (ek doen toe mos juis sosiale media ook vir ons maatskappy) en vir ‘n skelm sigaretjie.

(Net ‘n bietjie agtergrond..ek het na 16 jaar opgehou rook vir ‘n jaar en ‘n half en die trots in my pa se oë…ek kon net die teleurstelling imagine.. ek was nie reg daarvoor nie)

Teen 18:30 daag my mede kolega op en mens kon sien die meeste mans het nou al gaan regmaak vir die affêre.

Ek sit en help toe n ou wat ek ontmoet het, Francois met die scores optel,toe my kolega my nader roep. Teen die tyd was francois alklaar halsoorkop en wou net weet of ek ooit sou george toe trek…lyk my oulike girls is min gesaai daai kant of almal is getroud..maar ja, hy was nice..net nie my tipe nie.


(jou tannie is nice, roomys is nice..tee is nice)


Ek moet erken, ‘n uur van tevore het n lang, blas, donkerkop, moer hot ou my aandag gevang (my ma hulle het nog altyd gejoke en gesê en gaan my man op n vreemde plek ontmoet) Sy oë groot en donker, sy lyf lank en vol beskerming, sy vol mond gevul passie en beloftes.


Ek was nie op hierdie stadium op ‘n man hunt nie,(so ek het gekyk en was bewus van sy presence, maar dit was dit) my kolega roep my toe nader, waar hy met hierdie stuk hotness sit en gesels. Hy stel my toe voor en nooi my toe omby hulle te kom sit, waarna my kolega kort daarna spore maak na 'n ander geselsie toe. (MOS altegretig ekke..haha)


#TheOneThatGotAway het voorheen vir ons kompetisie gewerk, maar is nou in n ander rigting in dieselfde industrie.

Ons het onmiddelik gekliek… en net begin gesels sonder ophou.

Daar was rerig iets besonders omtrent hom.


Ons oog kontak en die manier wat hy my eerste laat loop het, my veilig laat voel het en my drankies vol gehou het sonder dat ek gevra het..ek gaan lieg as ek sê daar was nie butterflies nie, maar ek was bitter omkant gevang deur hierdie Feels.(Ek bedoel hoe ry ek en my pa 4 en ’n half ure..ek ontmoet hierdie ou en hy bly in my omgewing..I mean what are the odds?)


Die aand het goed verloop en ons het sommer organies langsaan mekaar aan tafel opgeindig. (bygesê hy geniet ook n skelm sigaretjie..ouens wat nie rook nie, kan soms nogals moer anal wees oor ‘n girl wat rook…dis mos kommin, so ek was happy)


Die pryse wat die manne gewen het was indrukwekkend.. allles was Nataniel- glase,cutlery, fancy bakke, sommer air fryers (voordat dit even ‘n ding was), nee shit even die ouens wat laaste gekom het, het iets gewen. (Ek dink ek wil begin golf speel…sommer net vir die pryse..shit!! Wil iemand my join?)


Ek het net daar besef dis ‘n troosprys vir die vrouens(van die mans) wat hulle mans wil uitkak omdat hulle na ‘n golfdag …nog net EEN dop wil drink..of “ek is oppad skat” en by die huis ingeslinger kom (Well played…nogals ‘n impressive strategie)


Ek en #TheOneThatGotAway het ons verkyk aan al die pryse,(hy het nie gespeel nie) die een man by ons tafel het n shitload goed gewen en gevra of ons iets wil hê, waarna ons altwee n vinnige “ die teepot” uitroep (dit klink weird, maar dis n moerse mooi glas teepot) Hy kyk my so en sê “ Lyk my dis die begin van ons trousseau vir ons huis in Somerset-Wes” Shit… bloos much, (vir ‘n girl wat al so lank single is..is dit quite ‘n gevleiery..is dit net storietjies..of het hy ook die connection gevoel..?)

Die aand is so lekker ons het skoon vergeet om te eet.


#TheOneThatgotaway lag toe ons later buite om die braai staan en sê hy is te bang om ‘n move te maak agv francois (wat ek vroeër gehelp het met die scores..nou KAK dronk en wat nou soos ‘n mal haas aangaan) en my pa heeltyd in ons rigting kyk. (Nogals maniere OOK nog…waar is die catch??)


My pa waai toe en ek begin rond kyk vir ‘n lift gastehuis toe, Fyi George het nie op daai stadium Uber of Taxify gehad nie…so dit was ‘n gamble, maar wie nie waag nie, wen nie..nê.

Ek het geweet die volgende dag is n lang dag omdat ek die dag saam met my pelle sou spandeer het vir my bday by ‘n wynplaas (en ek ken nou al myself…babbelas is nie soos dit was in my 20’s nie..mens wil net lê in ‘n donker kamer met Uber eats, snacks en Netflix en AS mens sou besluit om weer te drink…KLAM WASLAP…en dis gevaarlik), en ek wou vroeg gaan slaap, maar ek wou net nog n bietjie saam met #TheOneThatGotAway kuier.


Die oomblik toe my pa die padvat toe sit hy sy arm om my en hou my styf teen hom vas, Francois het effe uitgefok omdat hy nie baie happy was nie, maar FOK WEET hy was nie my probleem nie. (Mens kan nie almal gelukkig hou nie)


Dit was na 12 en tegnies my verjaarsdag (voor lockdown so..GEEN curfew) en ek moet sê ek het effe onspesiaal gevoel en alleen omdat ek nie tussen my mense was nie, gewoonlik sing mense vir jou om 12 en n bietjie fuss word gemaak, (ek is nie iemand vir aandag nie, maar shit..dis my birthday) maar hier tussen die vreemdelinge 1000de kilometers van my tuiste was ek net nog iemand in die besope crowd.


#TheonethatGotAway bekyk my so en sê “My fok jy verjaar” waarna hy vir almal vertel en almal stil maak en vir my begin sing op sy eie- dit was fokken adorable.. (Ek bedoel vir iemand wat ek skaars 4 ure ken..ek het lanklaas so spesiaal gevoel, ek is gewoond aan douches…so so SO MANY douches)


Op daai punt was ons al lankal verby net styf teen mekaar staan, hy het heeltyd my hand gevat, my gesoen, ons het gedans en hy het gesê dat hy nie kan wag om my op ‘n ordentlike date te vat wanneer ons weer terug is in ons wêreld nie. (Nou in my brein.. het hy totally belang gestel en die connection was real..of is ek net fokken naief?)


Was ek besig om te droom..was my ma hulle reg oor die randomness van hoe ek eendag my mens gaan ontmoet, kan lewe net so mooi uitwerk?


Dit was net voor 2 toe ons besluit om spore te maak,hy was nie daar met sy eie kar nie, maar ons plan was om verder te gaan kuier by my bed and breakfast,daar was wyn,take-away roosterkoeke en sosaties(wat ons by die ete in servette in my handsak gedruk het- Leftovers nadat almal geeët het natuurlik)

Hy was sy buddy se designated driver (wel…hy was MEER nugter as meeste mense..)Ons ry.. en toe ek weer sien is ons voor n kuierplek…


#Theonethatgotaway wou hê ons moes hulle aflaai en dan weer ry, maar sy buddy ruk toe die sleutels uit en sê “Fok dit julle gaan nerens, ons gaan nou suip”

Ek obviously befok van woede spring uit effe dramaties met my handsak en die groot boks Nataniel glase en steek n sigaret aand..Ons het dan planne gehad.. en NEE, nie sex planne nie..planne om teconnect, te chat, wyn te drink, mekaar te leer ken en dan sou hy weer ry om sy buddie te gaan optel. (NIE OORSLAAP NIE..maar daar sou atleast darem ‘n vrytjie of 6 gewees het..)


Nadat sy vriend die sleutels uitgeruk het, kon #TheOneThatGotAway sekerlik geprotes het..baklei het vir wat ons beplan het…maar niks..what the actual fuck?? (Bro's before Ho's??)


‘N ander ou wat by die golfdag was het gehoor wat aangaan (n gebreekte been en al) en my n lift aangebied (dit nadat my kolega gebel het en gesê het hy staan voor die hek by die b&b en sy sleutel is in my kamer) Ek moes gaan..werk kom eerste…dit terwyl #TheOneThatGotAway my net agterna gekyk het terwyl ek en huppelkind wegry.


Ek was die MOER in wel meer eina en in twee geskeur as kwaad.

Ek het vir my kolega gaan oopmaak, sy sleutel vir hom gegee en gevra vir #TheOneThatGotAway se nr.


So sit ek op my verjaarsdag na ‘n amazing…wat ek gedink het n life changing aand sou wees, op die stoep en huil my oë uit. Happy fucking birthday Heidels!

(is ek net SOOOO old-school romantic, dat ek dink sulke dinge is moontlik..of wat..is ek net plein simpel?)


Lanklaas het ek so eensaam gevoel. Die trane wou nie stop nie, ek stuur toe vir hom n boodskap,( hy het nie my nommer nie) wat sê watse DICK move dit was, gaan lê toe in die bed na ek die halwe bottel wyn wat ek van die ete afgevat het klaargemaak het (met bloedbelope oë) en gaan slaap, dit was 4uur, 8uur het my pa my kom optel en ek moes 7uur by breakfast wees.


Ek het 6:30 opgestaan met puffy oë,’n moeë lyf ,‘n bitter gemoed en 'n gebroke siel.


Di hele 4 en ‘n half ure terug Kaap toe was ek maar stil en in my kop gedwing..what the actual fact happened?


My birthday was maar ‘n downer..want ons girls hou van weet wat aangaan en closure en daar was GEEN.

Ek het gedink ek sou weer van hom hoor, maar radio stilte. (ek verstaan as ‘n ou ‘n girl ghost nadat hy saam met haar geslaap het en gekry het wat hy wou hê, maar hy het niks eers gekry nie..watse fokken weird game is die…)


Ek dink daar was dalk nog ‘n kans maar..TOEVALLIG soos Murphy dit het..werk hy saam met #DieItalian (een van my vorige stories)en DIE vertel hom toe ons het saam geslaap..en ek dink net daar was dit tickets..


Ek sal ALTYD wonder..what could’ve happened with #TheOneThatGotAway..want dit was pure en mooi, gevul met lag, dans, randomn sing in ‘n bar..NES ‘n Romcom.. maar dalk is dit tyd om te besef..Lewe is nie ‘n fliek nie..


Opinies welkom..







332 views2 comments

Recent Posts

See All

2 Comments


rob_van_rooyen
Nov 07, 2021

Baie goed geskryf, kan myself so maklik in hierdie situasie plaas. Ek glo steeds dis beter om eerder te veel te voel as te min.

Like
oujongnooitjie
oujongnooitjie
Nov 07, 2021
Replying to

Baie dankie! Soos Hulle se, rather to have lost and loved than to never have loved at all. Eendag Gaan die regte persoon kom en Dan is Al die einas die moeite werd gewees. Hoop jy Gaan lees 'n bietjie deur die ander stories ook.

Like
bottom of page