top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#Seuna

Ek weet na verlede week se soetsappige..stoute..wulpse storie verwag julle seker iets meer extreme, maar I toned it down a bit..vir hierdie week atleast ;-)

Daar is nog vele stories oppad uit hierdie pen uit met vele ape in my mou.. soms moet mens die vervelige stories ook vertel.. daar is mos altyd 'n verskuilde lessie in elke geleentheid.


Ek weet nie hoe julle girls voel oor die "ouderdom issue" nie, maar dis nogals vir my belangrik as 'n ou ouer as ek is (that's what she said.....) Dis daai hele "old school" ding van die man is ouer- die kop van die verhouding, die beskermer (wysheid..insig..en gesettle in lewe) dit gaan alles met ouderdom gepaart. (ek lag nou lekker vir myself as ek hierdie oulike statement lees..)


In elk geval, so hier bevind ek myself in een vieslike spoontaneous mood...SOOO op 'n Sondag (dis altyd die lekkerste dag om te kuier...maar ook altyd die kakste idee..veral vir 'n Maandag se opstaan) en nooi toe die jong knaap (25 jarige) vir 'n wyntjie. Na vele..assebliefs en "wees spontaan" motiverings praatjies, stem hy toe in. Nie dat hy nie oorspronklik wou kom nie, maar hy het 'n rowwe aand..wel, naweek agter die rug (boys weekend) which was totally understandable, maar my gat het gejeuk! ('n hangover is anyway 'n grap op 25 teenoor die groot dood in jou 30's)


Ek sit saam met 'n pel en een van sy vriendinne (sy...'n vreeslike uitgesproke en AMPER te loud cougar). Dit was initially effe weird..shame..hy't nie eers gedrink nie, maar DAAR was hy DAAR vir DIE #SundayFunday. Na twee bottels wyn was dit tyd vir 'n COS (change of scenery) na 'n ander plek in die dorp met bietjie meer van 'n vibe.

Ek ken mos flippen almal (not by choice) en met die intrapslag is daar 'n tafel vol dudes wat ek ken..om die situasie minder awkward te maak...wel so het ek gedink, sluit ons toe by hulle aan.




Hy sit en uiter elke nou en dan 'n woordjie, heel gemaklik en gaan sort die drinks uit as dit op was. Hy was nie eers veel gepla oor die ou oorkant my wat heeltyd op my gehit het nie (shit...het hy even agtergekom..?) hy was content. Ek voel half dit was beter dat ons heeldag lank saam met ander mense gekuier het, want die oomblikke wanneer net ons twee gesels het...was die geselsies maar redelik traag. Ons het nie veel in gemeen nie en alhoewel ek 'n vrou is en hy 'n man was dit al wat ons kon semi laat pas het...anatomically.


Hy is 'n regte afrikaanse kêrel..'n ou sweetheart..nice (jirrr...tee is nice..jou tannie is nice...roomys is NICE) Hy het my beuel geblaas elke moontlike oomblik wat hy kon en hy het die mooiste maniere gehad...maar dit was dit.


Hy het my by die huis afgelaai en was heeltemal onbewus van my gevoelens..nie dat ek die situasie ge-entertain het nie, maar omdat 'n mens op 25 jarige ouderdom nog redelik naief is. Ons het die volgende dag op whatsapp gechat en ek het hom bitter mooi laat verstaan dat hierdie beslis nie in 'n romantiese verhouding gaan ontaard nie. Hy het dit nie gewys nie, maar ek kon aanvoel dat hy dit glad nie sien kom het nie.


Age is just a number, maar as iemand nie eers weet wie die Beatles of The Rolling Stones is of die smaak van Fresca kan onthou nie...DAN raak dit 'n probleem.


Ek wil vir ure met "my person" kan gesels oor literatuur, politiek, musiek, algemene kennis ens. (jeez..ek klink soos 'n ou mens..dalk moet ek net al my tyd in die biblioteek of in 'n ouetuis gaan deurbring)


Hulle sê 'n mens se brein is die grootse sexual organ..en ek stem..

Mens kan ook nie net vir die res van jou lewe in die kamer deurbring nie..mens moet tog kan gesels...of hoe?




121 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page