top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#SatanINnCheckhemp

(Die "hy is dalk te soet vir my" look....looks can be deceiving)


So gaan ek toe op nog 'n date, moerse gejaag van Franschhoek af met 'n stukkende aircon op een van die warmste dae van die jaar. Ek kom sopnat gesweet by die huis aan met net 20 minute om klaar te maak voordat ek moet ry. Make-up..done, hare...uuuurgh daar is nie eers tyd om dit te was of te flat iron nie (ook nie eers tyd vir 'n vinnige glas wyn vir die senuwees nie). Ek het seker nege keer my outfit verander, voordat my ouers (ja, ek bly nogsteeds by hulle) gesê het "dis mooi". Dit was 'n pragtige, groen, silk rokkie..wat ek maande laas aangehad het en wat eintlik way te kuis vir my was, maar nou ja..hy was toe die wenner. "Onthou om jou maag in te trek, postuur is belangrik", was my ma se woorde. Ek het weer 'n keer 'n outfit change gedoen en toe maar weer teruggekeer na die simpel.. ou groen..silk..kloosterkoek van 'n rok. My hare wat gewoonlik oor my skouers drappeer was ook vas met 'n haarknip...my eerste gedagte was.. ek lyk nie eers na myself nie, maar ry moes ek ry! Die date begin oor 10 minute.


Ek kry parkering regs langs die restaurant...God dank, maar ek moet piepie.

Ek beduie na 'n foto en vra 'n vriendin van my wat daar werk of sy hom al gesien het. Met effense verligting (na sy nee gesê het) sprint ek badkamer toe. Die badkamers is 'n aweregse affêre..unisex met NET 3 hokkies en almal is beset---- GREAT!


Teen die tyd...klop my hart al uit my borskas uit, my hande sweet ek is moerse nervous en die hokkies ..is seker al vir vyf minute toe.

Die een hokkie se deur gaan uiteindelik oop en hier staan #SatanINnCheckhemp reg voor my...ek uiter net 'n ongemaklike "hi, ek moet ook gaan, kry vir ons solank 'n tafel in die skaduwee, dis warm" AWKWARD...hoekom was hy anyway so lank daar binne..

Ek poeier en roll-on maar weer en skep 'n bietjie ekstra moed vir die situasie wat voorle.


Ek kom toe buite en daar is wragtag net een sitplek oop...en dit- IN die son. Hy stel toe voor ek rook 'n sigaret en dan gaan sit ons binne...EK wat Mejuffrou "people pleaser" is los toe maar my gerokery vir die oomblik. Ons gaan sit toe maar binne en nie een van ons kan besluit waar ons wil sit nie...bleddie indescisive libras.. (ek soek 'n man wat leiding neem)


Eventually sit ons ..nie eers vyf minute het verbygegaan nie, toe vra hy of ons kan plekke ruil...die lugverkoeling irriteer hom en laat sy hare waai...Jeez..dramatic much...maar ek wat nou al so warm kry soos 'n vrou in haar menopausal stage is alte gretig vir die skuif.


Ek bestel ewe vir my 'n Castle light botteltjie..dis mos effe meer ladylike as 'n draught, maar vandag se hitte en dors sal net 'n bier kan les. Nadat dit bietjie afgekoel het en die son besig was om te sak stel ek toe voor ons gaan sit buite, dit was so 'n mooi aand. Die restaurant was meer gepak as vroeer en al waar daar plek was, was op twee hoee barstoele, nou nie juis die gemaklikste van stoele nie, maar ek kan rook en nikotien help beslis vir die senuwees.


Initially op die oog af is hy 'n baie goed gemanierde, goody two shoes..hy lyk na elke ouer se droom...en TOE begin ons drink. Hy is alles wat mens wil he in 'n kerel...nice, goeie maniere, gaan kerk toe..handsome..maar elke nou en dan stem sy stories nie ooreen nie.

(EK moet ook byse dat sy eerste voorstel was dat ons by 'n take-away plek in 'n winkel sentrum gaan eet...nou kyk..ek hou nou nie vir my upstairs nie, maar ek HAAT 'n mall..en spesifiek daardie een... hy is vol tikkoppe en weirdo's en ek is seker dit is waar hel gaan uitbroei wanneer die wereld eendag eindig.


Mans is mos van nature af meer seksuele creatures en die gesprek het net in een rigting begin vloei van daar af. (van sy kant af..natuurlik) Na elke drankie het sy stories ook meer overlap en minder sin gemaak. Toe ek hom daaroor uitvra, het hy belowe om van daai oomblik af oop kaarte te speel.


Die rekening arriveer (my ma se woorde maal in my kop... "dis nou die groot toets". As ek nou aan daardie stelling terug dink dan is dit maar eintlik 'n baie slegte manier om te dink dat hy moet betaal, maar ja dis debatable. Ons halfies toe. (feministe het in elk geval daardie hele..." die man betaal" ding vir ons oiulike single girls opgedonner met hulle..equality bullshit!)


Hy stel toe voor om saam met my kar toe te loop...either very gentleman like of baie creepy.. (onthou dat ek vir julle die storie vertel van die Italianer wat my ingenooi het vir koffie)

Obviously drank in sy gat..probeer hy my vry...duh hy's 'n man!


Nou ek gaan nie lieg nie, it's been a while, maar op die oomblik in tyd ag ek net myself as belangrik genoeg om nie noodwendig net so enigeiets vir 'n man te HOEF te gee nie...al is dit 'n onskuldige f*kken..kuis vry, maar dis waar ek tans in my kop was. 'n Man kan mos vir 'n slag werk vir iets.


Na omtrent 10 minute se gesoebat en gesmeek vir 'n ou vrytjie..gee ek toe vir hom 'n soen (geen tong)..se baai en loop. Ons altwee het die aand al bespreek dat mens na net een date weet of jy mekaar weer sal wil sien of nie. Ons het die volgende twee dae oor en weer gesels oor ditjies en datjies..maar hy was weereens vol stories..en die stories was net te veel vir my.


My consensus: Hy date gereeld, halfies altyd en hy soek net EEN ding..en terwyl jy nog dink julle gesels lekker..is hy alklaar weer besig om lyne in te gooi vir die volgende sucker. Ek het op 'n stadium (in myself getwyfel...dis mos maar wat ons girls doen) gedink..hy dink ek is TE kuis omdat ek niks vir hom wou gee nie, maar het met tyd uitgevind hy is eintlik net 'n regte jackass.



Ons was 'n paar maande later, ek dink so 3 of 4 weer op 'n date. (die f*k weet hoekom..ek dink hy het die vriendskaplike angle gegooi...poepol!) Ons was op 'n pragtige dag in die wynlande op 'n plaas net buite Stellenbosch en sou daarna gaan sushi eet het in die dorp..hy wou toe gou vinnig na die wyntjie by die huis stop om kamma iets optetel. Hy stel toe voor dat ons sommer daar verder kuier en kos bestel...dit was nie EEN glas wyn later nie...toe begin hy alweer met sy kak..hy wou letterlik NET score.. en toe is ek daar weg!


Hierdie goody two shoes in 'n check hemp het my nie respekteer nie (na ek vele kere nee dankie gese het) en my beslis nie verdien nie..en al dink hy NOU nog...ek is 'n stuck up...kuis..koek..so what! Hy verdien beslis nie my tong in sy mond nie...nie toe nie..en nie nou nie...nooit! Oppas maar vir daai ordentlikes met hulle check hemde en die chinos.. net soos Satan in menigte vorms kom...so kom hy.. #SatanINnCheck







143 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page