top of page
Search

#RockJock

So hier bevind ek myself op 'n Saterdag middag in 'n local bar ALLEEN met 'n Castle Light draught, 'n boekie, 'n pen en my tablet. (Net sodat mense nie dink ek is weird nie en ek kamstig werk)


Ek is gewoonlik 'n alleen mens..fliek alleen, ek sal op my eie admin doen terwyl ek 'n glas wyn drink by 'n bar..wat ook al ek is cool met my eie geselskap. Een van my gunsteling dinge om te doen back in the day,was om by 'n coffee shop te sit en vir ure koffie te drink terwyl ek die Son se blokkies raaisel invul.


maar VANDAG, vandag sit ek hier en ervaar 'n ongelooflike leemte..ek verlang sommer na ou tye..vriende..gebeure en mense wat nie eens bestaan nie.

Vandag voel ek bitter eensaam..veral omdat die JA gogga my net 'n paar dae vantevore gebyt het en my planne vandag gecancel is.


Dit help nie dat meeste van my pelle in verhoudings is..vandag toevallig hungover is of actual lewens het nie..maar VANDAG..net vir een dag..wens ek, ek het "my person" gehad.

Ek dink een van die aaglikste gevoel is as jou planne deur die mat val en jy op en af deur jou foon scroll op 'n desperate attempt op geselskap...en NIEMAND budge nie.



So hier sit ek nou en AL wat eh het..is my boekie, my en, my Castle Light en my nuttelose, pretentious tablet.


My eerste online date was so jaar en 'n half terug..dis asof my ouers my begin smeek het om uit te gaan..omdat ek heeltyd by die huis was.


JA, ek bly weer by my ouers, ek is 30..ek kort 'n nuwe kar (werks vereistes)..mediese fonds, annuïte, versekering...die lys gaan aan..en ek kan eenvoudig net nie bekostig om uit te trek nie..tensy ek ophou rook..drink EN eet..and thats not going to happen.


Inelkgeval..toe ek #RockJock se profile op 'n bekende online dating site sien was ek in total awe...Hy het gelyk soos Victor Mattflied (met 'n actual brein),was 1.9m lank, het hotarms, love rock musiek ,sport en is 'n slimmie.


Ek het nie geweet daar bestaan sulke ouens nie..die ultimate ROCK JOCK!

(Where have you been all my life??)


'n Break-up waar iemand op jou cheat..krenk nogals redelik jou selfbeeld en ek het nie vir 'n sekond gedink dat hy vir my sou regs swipe nie...en TOE...MATCH. Ek het onwillekeurig begin giggel soos 'n donnerse tiener..en vir 'n oomblik in tyd het ek weer my ou self terug gehad.


Ek en hy het vir ure aaneen gechat. Ons belangstellings was ON POINT, altwee mal oor musiek, sport, oefen, kosmaak, avontuur. ALS was net reg..where's the catch?


Dit was immers 'n duur vrytjie (nie dat dit my gepla het nie)..die feit dat hy tussen Wellington en Rawsonville gebly het en ek 2 tot 3 keer per week in en uit gery het. Sy ma hulle was permanent op trips so ons het altyd die "kitted out" huis vir ons self gehad.


Hy was my beste tjommie, ons het saam rugby gekyk..shots gedrink as die Spring Bokke score (ons rugby was toe nog goed (way voor die World Cup en Rassie Erasmus ons kom regruk het).. ek het vir ons Mac and Cheese gemaak..ons het geNetflix and chill en weer geMac and Cheese. (sonder daardie skaamte wat ons girls gewoonlik het om voor 'n dude te veel te eet)


...maar erens in sy wese was hy stil..diep geskend..dalk emotionally opgefok deur sy ouers of iets,..maar erens in sy lewe is hy onnodig hard geknak.


Ons kon vir ure lank Quiz-up speel en kompeteer, randomn dagdronk uitstappies, cuddles op die lazy boy..en ELKE keer as ek sou opkyk na hom was ek steeds vol giggels soos daai eerste Match..veral omdat hierdie hot reus nou myne was. (Die hele vibe het gevoel soos 'n Heuwels Fantasties music video)


Hy was nou nie juis iemand vir public affection nie en dit was fine, maar dis TUIS...waar die probleme begin het..


Hy was so aantreklik dat my confidence sky-high was en ek uit my pad uit gegaan het om hom happy te hou..want hy het MY hot laat voel. Die foreplay was hot..die vrytjies soetsappig


(DIS NOU NIE JUIS IETS WAT EK SOU WOU DEEL NIE, MAAR EK HET BELOWE..TOTAL HONESTY)


Ons sou soos tieners mekaar warm gevry het......en TOE..


Dis asof ek 'n blikke DOOM in my vagina bêre wat elke kokkerot (julle weet hulle oorleef atoombomme), leeu of jakkals kon vermoor..want sodra die perd in die gang af galop het..het hy mors dood neergeslaan..sonder kans vir oorlewing of resuscitation.



....kriek...kriek...kriek......



Dis nou nie juis wat ek..of seker julle verwag het om te lees nie..maar ja...Dis hoe dit is met Steve.

Dit het vir maande lank aangehou, sonder verbetering..dat ek daai laaaaaaaang pad terug huistoe aangedurf het met DIE grootste aggressie!! (Ek dink dit was vroulike blue balls)


Hy was so hot, hyt my hot gevind..WAT WAS DIE FLIPPEN ISSUE??


Hy het altyd gesê dit het nog nooit met hom gebeur nie..maar liewe fok..hoe moet ek voel..doen ek dit nie vir hom nie..moet ek gewig verloor (FYI op daardie stadium was ek TIGHT..jy weet jy is tight as jy nugter..helder oor dag..sonder medikasie in jou sisteem.. kaal rondloop)..wat moet ek verander?


Obviously is dit die eerste keer in my lewe dat so iets met my gebeur..JEEZ..nuwe super power! Wil enigeiemand iets vermoor..ek sal net wydsbeen kom staan en die situasie illimineer..plante..mense,,x-boyfriends..hahaha


Anyway..om 'n lang storie kort te maak, hy het baie jaloers begin raak omdat hy gedink het ek verligting op 'n ander plek gaan soek..en na BAIE.... drama het dit geïndig...in 'n fisiese kroeg geveg. (nie met my nie)


Alhoewel die verhouding wispelturig was, was hy nie sonder pret en adventure nie. Ek dink baie keer terug aan hom en die goeie herinneringe en..ek mis hom soms...wonder ek hoe dit met gaan en of hy ok is.


Hierdie was wel 'n tuimeltrein van 'n eerste oline romanse, maar beslis nie die laaste nie.


Wie nie waag nie, wen nie en as jy die dag ophou probeer word jy dalk net wakker op 45 met daai 9 katte..


Jou klein dorpie of sirkel in jou lewe is dalk net te klein om jou match te vind.

Verbreed jou horisonne, klim uit jou boks, kry 'n nuwe stokperdjie, sit alleen by 'n bar..maar erens op jou lewenspaadjie op die regte tyd gaan daai ridder arriveer..of dit nou in 'n Ferrai of 'n Ford Escort is..hy kom..wees geduldig...



AND...if all else fails... Ek het die DOOM ;-)











184 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page