top of page
Search
Writer's pictureoujongnooitjie

#NeeDankieOom


Ek sit oudergewoonte en skryf by my local kroeg op ‘n Sondag middag (nie dat ek noodwendig elke Sondag daar was nie, maar dit was my go-to bar) ..wat soms tot ‘n Sondag aand kon lei, sienende dat ek baie ink in my pen het. Eerlikwaar gesê was die laaste twee Sondae nogals stout met dates en dit was ‘n gaan groot..vry teen die kar situasies..ons kom nog daarby op ‘n ander keer…

Die lekker ding van jou local watergat is die mense ken jou goed, hulle weet wat jy drink en hulle los jou uit as jy ‘n sekere gesigsuitdrukking het..tensy hulle kan sien jy wil gesels..dan is hulle ene ore.


Ek hou van my space (this is my dance space and that is your dance space…jirre Patrick Swayze het meer aan my gedoen as aan Baby..hy besef dit net nie..haha.(as julle nie weet van watse movie dit afkom nie, is my PG vir hierdie blog dalk onder waar hy moet wees…) Onthou julle daai aand toe dit so reën en hulle dans in die hout cabin…anyway hier praat my ontstuimigheid weer meer as my sin..Single wees in Lockdown is geen joke nie, my hande is al sooo oor-gebruik dat ek al ‘n sekere vorm van Carpal Tunnel Syndrome opgedoen het..oops, maar eerder dit, as ‘n steamy affêre met ‘n Corona infected hotness..of wat dink julle? (FYI- Movie- Dirty Dancing)

Ek geniet dit nie as ‘n dronk of voorbarige man in my skryf space in klim nie..fokkof!!! Die local mense wat daar uithang weet ek skryf en hulle groet vinnig en beweeg aan, maar vir die res van die mans..hulle dink dis ‘n pick up line dat ‘n girl alleen sit en skryf..dude, seriously, ek soek nie aandag nie, ek is genuinely hier om te skryf, trap!

Ek skryf toe al ‘n geruime bottel 750ml wit droeë huis wyn uit toe ek aan die regterkant van my ‘n lang, kaalkop man gewaar…ek is nie baie vol kak nie, maar ‘n kaalkop like ek niks…personal preference..en hy’s oud..maar teen die tyd is ek al elsie geselsie haarself en die gemoedere loop hoog.

Ons begin gesels…misery wants company you know..en so sit ons en gesels oor allerhande ditjies en datjies. Na daai tweede bottel wyn was ek beslis al binne my mooiste..binneste..pienkste..pantie..haha..

Hy stel toe voor ons gaan kuier ‘n bietjie by sy huis..wel gaan chill (NIE SEX NIE)..dis gewoonlik hoe ‘n verkragting of moord scene in die flieks begin, maar ek vol bravado en 1,5L cheap witwyn stem toe in want daar is nie ‘n donnerse manier dat ek nou na my huistoe gaan gaan en NOG ‘n uitkak sessie deur my parentals gaan aandurf nie. Hy was obviously ‘n gentleman want hy kon sien ek was buite myself en het geweet van my parental dilemma..hy kon ook sien my oë hang al soos droopy sn en dat ek nie nou kon kommunikeer op ‘n menslike vlak nie. (Hier is ‘n tip….EET VOOR JY DRINK..of gaan huistoe na 'n bottel)

NA so 2 ure van musikale Noot vir Noot speel gaan laai hy my af by my kar..ek in ‘n veel beter toestand… dankie oom..haha.

Ja, ons het gevry…(lus is ‘n lelike ding en julle ken daai beer otw in my geval- dooswyn goggles…shit!) hy is 47 (HEEL buite my Tinder grense), don’t judge..it happened.

Ek is later die week in die gym op die treadmill toe daar ‘n lang creepy kaalkop twee keer in my rigting kyk en reguit op my afgepyl kom…oh my Shit… #NeeDankieOom.

Ek is nooit lus vir gesels in die gym nie, juis hoekom ek gewoonlik oorgroot oorfone aanhet net sodat mense my uitlos, al is daar geen klank nie,maar oh my shit…ek het my dood gegril vir die man.

Ek was effe ombeskof en het met ‘n vinnige “ek is in my oefen zone” geretaliate, ek wou nie hê mense moes dink dis my stukkie of iets nie…fok, daars mos baie hot dudes by die gym en die feit dat my gewete my oor hierdie situasie gepla het, het ook nie veel gehelp nie..nietemin..I think he got the message.

Dit was die einde van dit.

Ek gril nou nog as ek hom sien, want ek dink aan hoe laag ek kon daal agv insecurities…but we’ve ALL been there..sal ek sê loneliness het ge escalate in desperasie en despaerasie in tydelike insanity…

Well..thats my story and im sticking to it.

Punt van die storie is..ons girls is soms baie insecure en vulnerable veral as ons in ‘n bad space is of kak voel omtrent ons self.

Partykeer moet ons maar eerder net by die huis bly en ons feelings uitdrink, dronk video calls maak en oor dit kom as om te maak soos ek gemaak het en uitgaan..ooms ontmoet en vir die res van jou lewe in die gym inloop en bietjies bietjies in jou mond kots as jy die Oom sien…that’s no fun.. Nooit weer nie, #NeeDankieOom.

KNOW YOUR WORTH girls!!














148 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page