top of page
Search

OujongNooitjie..nie OujongNooi

Van kunsbeen af is elke meisie se droom om eendag haar prince charming te ontmoet..die ridder op sy wit perd wat net OUT OF NOWHERE sy verskyning maak.


Hy is lank (wel,langer as ek), het sterk- beskermende arms, is gedetermineerd, familie vas, love kinders (wel..eventually), het waardes en normes, 'n goeie werk, love om sy meisie te bederf, is romanties, het geld, planne, vooruitsigte, 'n lekker groot Hilux/Ford bakkie (ek is nie vol kak nie), annuïteite, 'n polis...en...en..en.

(SHIT!! nou dat ek dit weer lees klink hierdie ridder na 'n fokken unicorn..haha)


Dan word jy een oggend wakker en besef jy is 30, al vir 3jaar single..en 'n moderne tipe kloosterkoek, wie se beste tjommies/flatmates haar ouers is en elke naweek 'n roetine is..van wyn..series..'n bolla.. pj's en geen make-up.

Saterdae gaan besoek jy wynplase of gaan lê en tan by die see (saam met jou ouers), Sondae- kerk toe en dan "nagmaal" (weereens saam met die parentals) by 'n naby geleë wynplaas en dan weer huistoe- bolla..wyn..series..en dan is dit weer Maandag...UUURGH!


Jou lewe is vol verskoning. Wanneer jy 'n wyntjie of 3 in het is jy game vir 'n braai of 'n date..en 'n uur of twee voor die tyd....'n baie gerieflike "ek moet werk" ..wat eintlik net series..wyn..bed..bolla beteken EN dan is die kanse vir jou om rejection te vermy ook net soveel beter.


Al jou vriende rondom jou raak verloof, trou, babas en JY...sit soos 'n POEPOL by die huis omdat jy jouself ge "comfortzone" het.

Menigte aande skrik jy wakker in 'n koue sweet oor nagmêrries van jou ex wat wil terugkom en jy, wat op 45 alleen bly in 'n tuiwoonstel (op iemand anders se werf) met 9 katte.


GENOEG IS GENOEG, this is the year of the YES..en alhoewel ek nie altyd gaan lus wees vir 'n date of 'n kuier nie, klim ek nou uit my comfortzone uit en sê JA!


Ek gaan al die taboes toets en al die goed wat ek nie wil hê nie beproef net om te sê ek het ALS probeer.


Die is MY jaar..the year of the YES en al is my prince charming 1,5m lank, bles en 'n rak pakker by die Checkers..SO BE IT..ek sal my person vind.







345 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page