top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#HeidivanWyk

Hier sit ek nou weke..wel maande vanaf my laaste post en vandag weet ek presies hoe en wat en waarom. Ek was die laaste paar maande in ‘n effense krisis met myself..noem die maar ‘n morele dilemma, maar vir my was dit baie real en nogals ‘n redelike struggle met myself my waardes en my normes.


Jy sien ek is ‘n baie oulike, goed groot gemaakte, afrikaanse girl wat glo in christelike waardes,normes en goeie mens wees en…vir ‘n lang tyd het ek geskuil agter “Oujongnooitjie” omdat ek gevoel het mense gaan my judge omdat ek sulke dinge skryf.

Ek bedoel die hoof stories is waar en ja daar is bietjie ge-embellish nou en dan en JA soms is dit stout, maar dit was real experiences en gevoelens en einas en ek is nou net mooi GATVOL en op ‘n punt dat ek besef het dat dit is tyd om eerlik te wees met julle en met myself, so hier is ek nou…Heidi van Wyk. Vir ‘n lang tyd was dit my innige wroeging, maar die Here het my al hoe meer laat droom en in hierdie rigting in gestoot en gesê “Skryf jou storie”!!


Ek is ‘n single, 35 jarige girl van Durbanville en ek is al deur BAIE kak, soms voel ek asof daar Doos op my kop staan, want ek attract letterlik elke liewe poepol wat bestaan en JA ek praat lelik en ek is jammer dat ek sommige mense offend, maar ek moet ‘n ding sê soos dit is.


Ek het hierdie blog begin as ‘n manier om myself te push om uit te kom en mense te ontmoet en toe in ‘n baie organiese manier het my motiewe verander, want ek wou toe eweskielik ander girls help om hulself weer daar buite sit (get out there!!)

Prince charming gaan nie by jou voordeur opdaag en jou vra om te trou nie, maar na weke se gedink en gewroeg en geweeg, weet ek presies wat die eintlike doel is van “Oujongnooitjie” otw Genoeg is genoeg, deur Heidi van Wyk.


Elke liewe persoon wat ek al op ‘n date mee was of gedate het, het my gevorm en sterker gemaak en my meer laat besef WIE ek is en wat ek wil hê en wat ek verdien.

Ons girls EN ek weet daar is baie single girls my ouderdom, geskeide vrouens, enkel mammas ens, ons verdien almal ware liefde, ons verdien dat iemand ons respekteer, lief het, waardeer en op ‘n pedestal sit, maar weet jy wat…ek gee nie OP op liefde nie, maar liewe FOK daar is baie assholes daar buite en wat gebeur?????????? Alles is sunshine en roses, die ou belowe jou die maan en die sterre, die connection is real..als is amazing en DAN wat…dan fokken verdwyn die drol…ons word geGHOST want hys is ‘n asshole of hy het ‘n ander pomp opgetel omdat ons waardes eintlik bietjie beter is (not all men..net toevallig die wat ek ontmoet)…en DAN!!! DAN dink ons daar is iets fout met Ons!!


Ons sit vir weke en huil ons oë uit en scroll op en af deur ou whatsapps en wonder wat het waar verkeerd geloop, wat het ONS gedoen om dit te laat fail, ons praat met vriende..vra perspektiewe, want dit maak nie sin nie, elke hartseer liedjie op die radio fok jou op en jy hoop NET EEN KEER die ou message OF bel weer, want jy wil dinge reg maak, want jy kan…want OBVIOUSLY was dit jou skuld..jyt iets gedoen wat als opgefok het… but you know what… JYT NIKS GEDOEN NIE!!! Hy is NET ‘n asshole en jy verdien baie beter as dit!!! Dan klim ons net alweer in ons dop in, raak selfbewus, voel ons is fokkops en dan is ons self esteem…wat great was WEER in sy moer en dit is dit…is nie ‘n goeie space om in te wees nie!!


SO het hierdie blog verander in ‘n ware lewens verhaal van MY, Heid van Wyk, wat vertel van my real experiences en hoe elke liewe een van daai ervarings my verander het, beter gemaak het en al hoe nader gebring het aan die beste version van myself. Ek wil julle nou laat weet, julle is NIE alleen nie, ons almal gaan deur hierdie kak, maar kom ons staan op en gaan aan, want dis hulle wat drolle is, nie ons nie. Solank jy leer uit ‘n verhouding/date uit en beter word uit dit uit, is dit die goal..en die END-GAME is jy ontmoet jou mens en deur al hierdie einas en kak en hare is jy uiteindelik reg en 100% die beste version van jouself.


KYK.. EK is nie die heiligheid homself nie en ek maak bitter BAIE foute en soms vat die lus oor…lus is ‘n moeilike ding, maar dit kom vir my PERSOONLIK uit my verlede se issues uit dat ek gevoel het ek is net goed genoeg fisies nie en dat dit is wat ouens gelukkig hou en om die waarheid te sê het ek eers regtig ‘n maand terug dit uitgefigure na 20 jaar, maar ek het van toe af ‘n conscious besluit gemaak om my ways te verander, maar fok..wat ‘n onthulling!!


Die punt is hierdie stories is real en ek glo steeds in ware liefde, maar GEEN man sal my ooit weer so selfbewus en onbelangrik laat voel nie (en 3kg laat optel nie) en ek is hier om my stories te vertel, want ek wil hê julle almal moet weet, dis ok om op te fok en foute te maak, maar LEER, wees beter en wees conscious op jou foute, leer daruit, raak beter en kry jou END-game.


Hier is dit nou.. my stories, hoogtes en laagtes, verlede en toekoms.

Ek stamp my kop sodat jy nie hoef nie 😉

Baie Liefde xx

Heidi





271 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page