Hy was my Amos op ‘n warm, somers dag op die verlate wingerd in die middel van erens en nêrens, ek..hulpeloos sonder opsie en sonder moed..4 plaaswerkers se oe wat hierdie blonde stadsmeisietjie in ‘n bakkie met ‘n vreemde (wel vir hulle) nommerplaat op en af aanstaar..heel verward.
Ek kon sien hulle dink wat de donner het hierdie girl besiel om op die plaas te draai, maar hier sit ek- hoogs die moer in,helder oordag (gelukkig) met ‘n groot lus vir ‘n sigaret (agitated AF) in die bakkie en probeer die clutch..otw koppelaar-pedaal situasie red, maar geen luck..(dis nie asof dit ‘n fiets se ketting is wat jy net terugsit nie) my pa het juis gese ek moet met sy bakkie ry omdat my kar glo te onbetroubaar is..en kyk nou..fokkit!
Ek het juis hierdie alleen naweek weg beplan na ‘n paar moeilike,lang maande by die werk en die hele idee was me-time..wynproe, lees en introspek by ‘n moerse nice gastehuis (met ‘n oorgroot bad en ‘n binne kaggel).
Kom ons gaan gou vir ‘n oomblik terug na die naam Amos. Jare gelede,ek was seker 11 jaar oud, het ek en my ouers een aand vanaf ‘n kuier by hulle vriende terug gery..ek dink ons was in Melkbosstrand, toe ons kar probleme gee en ons langs die pad moes stilhou. Dit was taamlik donker, redelik laat en bitter gevaarlik. Ons het nie gereedskap gehad om die situasie te red en verder te bestuur nie..so daar sit ons toe…vinger in ons holle met geen clue wat om te doen nie, my ouers is nie wel af nie en iets soos AA was nie iets waaraan ons behoort het nie.
Nou as ‘n klein naïve kind dink jy die lewe is soos ‘n Mario Brothers tv game, as jou speler doodgaan is daar altyd nog een en as jy heeltemal dood is druk jy net restart, maar ek het al menigte kere in lewe op die lelike manier geleer dat dinge nie so werk nie en dat iets rerig met jou kan gebeur..dit gebeur nie net met ander mense nie.
My pa het langs die kar gaan staan en sy arms rondgeswaai met die hoop dat ‘n vriendelike vreemdeling (shit..dit klink ook na die begin van ‘n Joseph Frietzl storie of horror-fliek) sal stop om ons te help. Na so twee ure in die kar en ons gemoedere redelik laag ,stop daar ‘n man..ek sou se hy was in sy vroeg 40’s en sy naam was Amos. Na ‘n geselsie met my pa en hulle wat die probleem assesseer, sleep Amos ons voertuig na die naaste petrolstasie..seker so 20km weg van waar ons was en in ons omgewing. (Dis bitter min deesdae dat mense net nice is en iets doen nie net om iets terug te kry nie)
My pa was hom alte dankbaar en het met alle mag vir Amos probeer vergoed, maar hy wou niks hoor nie..hy het net hierdie daad uit die liefde van sy hart en die diepte van sy menswees gedoen, net omdat hy ‘n goeie mens is.
Tot nou toe praat ek en my ouers van hoe Amos, die man van God daardie aand na ons gestuur is om ons te red..I mean anything could’ve happened en ek was dalk nie vandag hier om my stories te deel nie..shit..scary thought!
Inelkgeval terug by my storie..Op die stowwerige grondpad met rye en rye welige wingerde langs my sien ek toe van ver af ‘n stofwolk wat vorm en al hoe nader in my rigting beweeg.
Ek wat alklaar vrou alleen tussen 4 vreemde plaaswerkers is voel kwesbaar en senuweeagtig, maar hier is nou geen uitkom kans nie, my ouers is amper 2 ure se ry weg. Ek is ‘n christen en al wat ek nou kon doen was om te hoop, glo en te vertou dat alles ok sal wees..Die HERE is my herder..jy weet..
Die stowweriger figuur kom al hoe nader en raak al hoe meer duidelik..’n groot ,wit Ford bakkie stop en hierdie lang, blas, camel-man met groot..effe vuil hande (mens kan sien hy werk hard)..gespierde arms en donker bruin oe klim uit..my ridder op ‘n wit perd..wel yster perd?(of is dit net wat mens ‘n bike noem?) Ek wat net wou wegkom van die stad af vir ‘n paar dae en baie independent is, het actually nou ‘n man nodig gehad. Toe hierdie man uitklim was al wat ek kon dink dat ek besig was om gePunk te word (onthou julle daai prank show met Ashton Kutcher) of in een of ander Leon Schuster fliek is waar hy mense vir ‘n ride vat..
Hierdie man otw MY Amos met sy warm,diep, welcoming stem..het hierdie onbeskryfbare presence gehad..die soort wat jou insluk en jou consume..geen woorde kon beskryf hoe die oomblik tussen ons was nie,total connection..chemistry.. dis asof die wereld in slow motion beweeg het, asof ons twee al mense was wat bestaan het op die grondpad..selfs die plaaswerkers het vir ‘n oomblik verdwyn..hier het my gemoed van..Die Moer in geskuif na..dalk is ek hier vir ‘n rede..I mean dalk het die Here my hiernatoe gelei omdat ek hom moes ontmoet..sulke goed gebeur in flieks , maar dalk is ek een van die gelukkige enes wat SO “my person” gaan ontmoet..maar helaas dis toe dat ek die glinster van sy goue pand aan sy regter vinger sien...REALLY..
Ag fok..minute terug het ek gedink ek het hier beland vir ‘n rede en hier sak my hele wese neer asof ek iets verloor het wat ek nooit gehad het nie. Hoe is dit so dat die fliek “Pad na jou hart” in een oomblik soveel sin kan maak en dan in die volgende oomblik net heeltemal kak is?!
Ek glo nog altyd in die Here se plan maar vanaand voel ek net asof hy plein aspris was en my wou terg. (to be honest..ja, dit was bitter onregverdig vir my om so te gevoel het, want ek is Super blessed, maar ek het al soveel einas en teleurgestellings gehad dat ek gedink het..my skippie kom ook uiteindelik in)
2 ure nadat ek Amos ontmoet het..pak ons toe die pad dorp toe aan (dit na ek in sy huis verwelkom is deur sy bitter oulike vrou, want ek wou gaan piepie..fokken weird) Ek in Amos se Wit Ford met hom agterna met ‘n tou gekoppel aan my pa se corsa bakkie..oor die donnerse pas op my kamma vakansie en al waaraan ek kan dink is hoe ek nou cringe oor hoe butch ek moes gelyk het..geen make-up en ‘n six pack castle light botteltjies langs my.
Ons kom eventually by die Corsa tak aan , 2 treinspore, ‘n pas en Van Loveren se Wingerde later. Die baai se was eufories..asof ek baai se vir iemand wat ek ken maar ook nie..op dieselfde tyd het my hart stukkie vir stukkie begin sak tot daar net leemte oor was.
Ek het daai dag gedink die Here het my gelei na iets toe,maar tot die beseffing gekom dat dit maar net dit was…’n ongeluk..’n stukkende clutch..net randomn..
Dankie vir jou hulp Amos..jou vrou is besonders gelukkig.
Wat ek wel weet is dat MY Amos of my ridder op sy wit perd ook eventually eendag sal verskyn..but his timing is not mine..en that I respect want alles gebeur soos dit moet op die regte tyd.
Opmerkingen