top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#DieRingAanDieEindeVanDieKetting (deel 1)



Ek was twee maande enkellopend en op ‘n tipe herstelpad nadat my ex my verneuk het met ‘n ander girl in ONS FLAT.

Eina het verander in haat, haat in verwyt en verwyt in verpes..die fucknut!


Ek en my x het die voorreg gehad om die afgelope 4 jaar ‘n amazing bediende (my familie bediende van kleins af) te kan hê by ons flat elke 2de Donderdag. Sy was nog altyd vir my soos ‘n tweede ma, sy was daar vanaf ons eerste trek af..( vir die van julle wat nie weet nie, my pa was ‘n bouer en ons was ‘n moderne weergawe van gypsies..ons het al tot op hede 34 keer getrek.)

Polina het vir my “chips” gehou as ek gerook het en ons het ‘n lekker deal gehad..ek maak kos, kook, bak whatever..mors behoorlik (nie aspris nie) en sy maak skoon (dis juis waar my kookvernuf begin het).

Syt nie veel geëet nie, sy het gelewe op koffie en sigarette, of to wel op ‘n stadium net koffie (toe sy opgehou rook het) en dan het sy haar share van die kos huistoe gevat vir haar familie.

Sy het opgehou rook toe ek begin het en ek het opgehou toe sy weer begin het. Ons was tjommies, haar dogter en kleinkinders het gereeld kom kuier, ek het hulle geleer melkkos in die mikrogolf maak en sy het elke nou en dan vir my ‘n lekker Royals Red entjie by die bediende langsaan gaan leen, SY-die bediende langsaan was lucky..sy het Marboro Menthols terug gekry. (desperate times). Polina was en is tot vandag toe nog ‘n integral deel van my lewe en upbringing. Een wat my ondersteun het in slegte tye en steeds doen. Sy was altyd daar, sy’t my beskerm en syt selfs my X se nuwe stukkie aangevat al kom hulle van dieselfde omgewing af EN geweier om verder vir hulle te werk. Sy was loyal AF!


-DIE EVACUATION-

Nou net ‘n bietjie agtergrond…

Ek en my ex was vir 3 jaar saam, toe ek hom los omdat hy so ‘n INCONSIDERATE CUNT is EN wat elke Sondag as ek van die kerk af by die huis gekom het vir my gesê het “wat het jou Jesus’ie vandag vir jou gesê”..oooh laat ek nie vergeet hoe hy my getune het oor my anxiety medikasie nie… “aaah shame…het jy ‘n pilletjie nodig”

I FUCKING HAD ENOUGH YOU DICK!

Ek vat toe net my klere en fokkof, sommer vir ‘n week Johannesburg toe gegaan om vir ‘n goeie gay vriend van my te gaan kuier en om net weg te kom..in elkgeval DIE drol..smeek my toe terug.. nou.. ‘n gewone mens met ‘n brein sal net sê “nee dankie, fokkof”, maar EK..die nice mens wat ek is en die beste in almal sien, gee hom toe nog ‘n kans. (fokken idiot!!)

Ek het nie weer teruggetrek nie, ook nie oorgeslaap nie (daar was nou boundaries), ons het met die advies van ‘n vriendin na die “Love languages” CD’s begin luister (haha CD's ...onthou julle). 2 Keer ‘n week sou ek na ONS flat toe gaan, ons sou kook, ‘n glas wyn of twee drink, die CD luister en dan daaroor gesels (heavy grown up..i feel vir daai tyd). Ek het gedink dinge gaan goed,toe ek een aand ‘n oproep van een van my bure kry…sy inform my toe dat hy ‘n ander girl by ons woonstel het en dat hulle lekker dronk is…anyway…die punt van die storie is hy het my verneuk in ONS flat..en toe is dit FINAAL EN AL VERBY VIR MY!

Ek en Polina reël toe vir die volgende Donderdag DIE EVACUATION van al my goed, waarby my vriendin Illa opdaag met haar Corsa bakkie reg om te laai en te help (love you).

Ons het T-Minus 3 ure gehad om te pak en te ry voor die armsalige doos by die huis sou kom, maar trek sou ek fokken trek! (ek is nou nog fokken kwaad oor my Krismisboom met die elektriese liggies, wat ek daar moes los agv tyd en te min plek in Illa se bakkie en my kar).


Ek het al my meubels gevat, die banke, die cutlery, koppies, borde..AL my shit.. ek het selfs die enkelbed se hout frame stukkend gekap (hy was op sy einde anyway) met ‘n hammer wat ek geleen het by my buurman omdat ek nie wou hê hierdie poepol moes enigeiets verder van my kan gebruik nie! VERY THERAPEUTIC,ek moet sê! (Let wel..hy het by die flat aangekom laat middag (Polina was klaar weg) en daar was ‘n TV, TV-kassie,die bed in die hoof slaapkamer en sy wasmasjien…wat pretty much ‘n ornament was, omdat hy sy wasgoed by sy ma laat was het..hahahahahahaha- fok jou!)

Ek en Illa ry toe met al my goed na die naaste 2dehaanse winkel (with great difficulty, daai bank pas nie rerig agter in ‘n Corsa bakkie nie en ek het my arm spiere op so manier gebruik dat ek gedink het dis ‘n challenge op Survivor) darem net 1km weg en verkoop als op die spot…Ek weet nie wat hy en SY op my banke gedoen het nie, maar fok..daarop sal ek nooit weer sit nie!


Later die middag toe ek op die bus sit, (langs ‘n BAIE geselserige tannie en ‘n moerse berg van my skouers af,‘n Whiskey en Coke Light in ‘nCoke light botteltjie…I came prepared en Namibie is ‘n ver trip sonder grootmens verversings) kry ek ‘n boodskap “Was dit nodig?”


Mmmmm….ja, KAK goeie vraag, wil ek ook weet, was dit nodig om na die drie jaar wat ons saam was en ek jou gelos het omdat jy ‘n inconsiderate cunt was..my terug te smeek om weer te probeer en toe in jaar 4 op my te cheat in ons flat..met HAAR?!! (You wasted yet ANOTHER YEAR OF MY LIFE!)


Soos my pa altyd sê (maar nie gereeld toepas nie) WEES DIE BETER MENS! (nou op hierdie stadium..ek gaan nie lieg nie, wou ek nie vir ‘n fok die beter mens gewees het nie, maar net daar en dan het ek my foon afgesit, verder gesels met Elsie geselsie en geluister oor die intercom oor HOE verbode drank op die bus is..(wel…fok dit ook!ek het maar net toe met Elsie gesels terwyl ek bubblegum kou) en toe in Namibie wakker geword..salig!


Check uit volgende week vir deel 2...shit's gonna get real..





321 views4 comments

Recent Posts

See All

4 Comments


JJ Fourie Creative
JJ Fourie Creative
Nov 20, 2021

Ja nee, sjoe, sy loss!

Like
oujongnooitjie
oujongnooitjie
Nov 20, 2021
Replying to

Dankie JJ,ja beslis...en ek is happier sonder hom!! Mens verdien beter!

Like

Robert van Rooyen
Robert van Rooyen
Nov 15, 2021

Weereens 'n lekker lees, 'n ware hartseer wat ligter verwoord word.

Jy het ' n ongelooflike manier met woorde. Al wat ek kan sê is "Sy loss."

Like
oujongnooitjie
oujongnooitjie
Nov 16, 2021
Replying to

Baie dankie Robert!! Mense is in jou lewe vir reasons en seasons,so ek moes ook maar daardeur gaan om 'n paar lessies te leer.

Like
bottom of page