top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#DieAngsDuiwel

Ek was soos ouder gewoonte op ‘n Saterdag oggend 7uur (na ‘n aand van hard kuier en seker 2 ure se slaap as per usual op die sprankelende ouderdom van 19) by my ma se koffie winkel in Cape Gate aan diens as kelnerin/bestuurder. Dit was maar altyd dieselfde roetine - pak die tafels uit, deel die sections uit vir elke waiter, kry genoeg float en staan gereed vir die CHAOS om te begin. (Nou ek weet nie wie van julle Cape Gate ken nie, maar dis erger as enige shopping mall wat bestaan, ek is convinced dat wanneer die wêreld eindig…is dit waar die hel sal wees)


By die openingsaand van die sentrum (vir al die eienaars) was dit ‘n swierige affêre met Moët, oesters en kaviaar. ‘n Belowende aand en dit was gesê dat Cape Gate in dieselfde kaliber as Canal Walk sou wees (what a joke). Toe nie – location, location, location. Die “clientele” was maar ‘n anderste klomp…mense wat jou uitkak oor “Waar is julle breakfast special?” dan kos ‘n breakfast R25 of hulle bestel NET koffie en vra vir ‘n bord sodat hulle,hulle KFC take-away binne in ons winkel kan eet..WHAT THE ACTUAL FUCK??


Inelkgeval die dag het met ‘n bang begin, dit is immers ‘n Saterdag en NET na payday en elke mens, veral met kinders is mos Saterdae oggende “first thing” in ‘n mall. (Dis juis Cape Gate wat my groot HAAT vir malls veroorsaak het). Ek was soos ‘n tipiese 19-jarige babbelas (in die fleur van haar lewe—daai tye waar ‘n babbelas met ‘n Cream Soda en ‘n greasy ontbyt verdwyn het) en was heel geselserig, (dit was eers so teen 3uur wat my energie vlakke begin daal het agv dehidrasie en lae bloedsuiker, maar dan was dit al amper weer tyd vir nog ‘n party) en was al op my derde tafel.


Ek het oorgeloop na tafel 8, ‘n familie van 4 (‘n ma,pa en 2 kinders) en gevra wat hulle graag sou wou drink. Hulle was besig om my te antwoord toe alles voor my begin donker raak, my hart uit my bors begin klop en ek nie eers kon verstaan wat hulle sê nie! Ek het dadelik gesê “skuus ek moet gou dringend iets in die kombuis gaan haal, maar is nou terug” (What the fuck…wat gaan aan, is ek besig om dood te gaan, is dit ‘n hart aanval? Eweskielik was ek verbouereed en het gevoel asof die mure om my al hoe nader kom. Ek het my ma aan die arm gegryp en is die kombuis binne.

Al wat ek kon uitkry was “Iemand moet my tafel help, want iets is fout met my”.


Ek het daar binne in die kombuis gesit in ‘n hoek met my kop op my knieë en heen en weer gewieg. Ek kon nie verstaan wat aangaan nie, ek kon nie eers beskryf wat aangaan nie, al wat ek geweet het is hier moet ek uit, uit die koffie winkel, uit die mall uit, terug in my kamer by die huis, waar dinge sin maak en waar ek alleen is, veilig, maar hoe de fok kom ek self net tot by my kar. Ek kan nie mense face nie, ek wil nie hê hulle moet vir my kyk en my jammer kry nie. Ek weet nie eers of ek kan loop nie, nevermind bestuur…ek sal die fokken kar rol.


(Min het ek geweet dat dit my eerste ontmoeting was met #DieAngsDuiwel)


Na 3 ure het my pa my kom optel (hy moes werk) en met baie moeite en wilskrag het ek dit tot by sy kar gemaak (ek het omtrent gesprint uit die mall uit), ek was heelpad stil oppad huistoe en het dadelik kamer toe gehardloop, op my bed gaan lê en onwillekeurig begin ruk van die huil, ek was darem veilig en vir nou was dit al wat saak gemaak het.

Ek was glad nie uit daai aand nie en het ook nie aan drank geraak nie, ek was eweskielik bang vir alles. Die volgende dag was ek terug by die werk en alhoewel die koffie winkel nou vir my ‘n “trigger” geword het, het ek gevoel dinge is onder beheer en ek het gister se gebeure beskou as ‘n once-off gebeurtenis wat ek ver weg in my brein gefile het.


In die weke daarna het #DieAngsDuiwel al hoe meer gereeld kom kuier en iets moes nou gedoen word!


My ma het vir my ‘n afspraak by ‘n sielkundige gemaak, wat my toe verwys het na ‘n psigiater toe, dit was duidelik- Panic attacks. Hoe de hel het dit gebeur en hoekom, hoekom nou?

Nou in daai tyd was angs nie rerig iets wat “bestaan” het nie of dalk net iets waaroor mense nie gepraat het nie, veral mense soos my pa (ou garde), wat net gesê het “Heidi dis ‘n mind ding, kry net jou mind reg”…shit I mean its not like I tried.


My persoonlikheid het oornag verander, ek wat altyd die life of the party was, die mens wat ander bel as hulle lus is vir ‘n lekker kuier, het nou stil en teruggetrokke geraak,(vir die van julle wat nie die prosedure ken nie, ‘n psigiater gee vir jou pille, dit maak alles eers erger, voordat dit beter raak, sommige pille werk glad nie, sooooo na hoeveel maande, trial and error vind mens eventually pille wat vir JOU werk..dit vat nie jou angs weg nie, maar dit maak dit EFFE meer hanteerbaar..soms.


Ek het verander in ‘n effense kluisenaar en wou nie rerig meer uitgaan nie (I mean ek is in die fleur van my lewe, daai goeie ouderdom waar jou lyf tight was en jy sommer 3kg ‘n week kon verloor as jy net reg eet), maar daar was mos nou sekere situasies… soos verjaarsdae, wat mens MOES bywoon.

Dit was ook maar bitter moeilik, want ek kon nie meer nugter by ‘n plek opdaag nie. Ek moes atleast 3 glase wyn by die huis drink voordat ek uit is, net om die angs effens te beteul (dutch courage), maar dan by die kuierplek, vra mense hoe dit gaan? wat doen jy nou vir ‘n lewe? sing jy nog? het jy ‘n boyfriend? ens ens ens. en DAN skop die angs WEER in, ek het gewoonlik net myself verskoon en badkamer toe gejaag, net in die hokkie gesit en myself probeer bedaar, dis asof mense my nou angstig gemaak het, asof hulle in my lewe wil inklim en alles van my af wil hê..TE VEEL van my af wil hê of te veel verwag, fuck knows.


Na ‘n paar minute in die badkamer, reguit bar toe vir ‘n tequila en dan weer terug na die geselskap toe. Dit was ‘n horrible tyd van my lewe, want drank het die angs weg gevat (eventueel na ‘n hele paar glase wyn en tequilas)..wel vir die aand, maar die volgende dag was ek man down!

(Bygesê, ek het steeds nog nie by die regte pille uitgekom nie)

Ek was selfs na ‘n hipnotiseerder toe…pretty much vir positive reinforcement, maar dit was ook nou nie ‘n oplossing nie, behalwe dat die hipnotiseerder mooi vir my pa verduidelik het wat angs is en hy toe uiteindelik verstaan, of atleast probeer het.


Dit was juis die aand by hierdie verjaarsdag partytjie, toe ek by die bar staan en wag vir ‘n tequila toe ‘n ou langs my kom staan en ‘n geselsie begin aanknoop . Teen die tyd was my angs weg (na al die drinks en shots), sy naam is Paul…lank blond, blou oë, nie my gewoonlike tipe nie, maar ons het begin praat en nie opgehou nie Dit was asof die mense om ons verdwyn het en toe ek weer op my horlosie kyk toe is dit 3uur die oggend en “last rounds”.


Ek is huistoe die aand..wel oggend en het ‘n sms (daai tyd was daar nie whatsapp nie) gekry van Paul af, net om te hoor of ek veilig is. Hy wou my graag weer die naweek sien- Sondag, ek was onmiddelik weer angstig, maar het geweet ek hoef nie nou op hierdie oomblik daaroor te bekommer nie, dit was môre se worries.


Ek het by die huis gekom en dadelik gaan slaap. 10 uur is ek op en is net so na 12 Franschhoek toe om na ‘n vriendin se kat te gaan kyk by haar cottage op ‘n wynplaas (sy en haar kêrel is Hermanus toe vir die naweek), Dit was idillies op die plaas - lekker koue weer, kaggel, boek lees, kos maak me-time ens. Dit was mos nou deesdae my favorite (veilige) ding – ME TIME.



Teen so 4uur gooi ek vir my ‘n glasie wyn, gee vir die kat haar pilletjies en begin met aandete, toe Paul my message teen so 6uur. Ons het so lekker gesels en toe ek weer op my horlosie kyk is dit al 12uur en ek is al 2 bottels wyn in. Hy nooi my toe uit vir ontbyt die volgende oggend en sê toe ek moet hom laat weet wanneer ek wakker is, hy sal deur ry Franschhoek toe.


(Lees volgende week oor hoe dinge met Paul gegaan het…)


Angs is iets wat meeste van ons mee sukkel en soms te bang is om daaroor te praat, volgens statistieke is 62% van mense met angs, vroumense (uhmmm hoekom…want ons moet basies met alles deal in ‘n huishouding).


As jy soos ek is en jy sukkel met angs, praat daaroor, moenie skaam wees nie, jy is net ‘n mens en jy is nie alleen nie. Almal se angs kom van verskillende plekke af, in my geval is dit omdat ek emotionally TE veel gegee het, maar as mens tot die route van die probleem kom…dinge raak eventually beter en lewe gaan aan.


Kyk na jouself, help jouself, wees daar vir jouself.






341 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page