top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#DebbieDowner

Hier sit ek nou op die stoep (my happy place), dis ‘n pragtige, warm somersaand in Desember (‘n Saterdag en eks op vakansie) en ek sit met ‘n dubbel..dalk triple Olofberg (ons afrikaanse mense gooi mos op gevoel…) ,Pepsi Max, my Menthol sigarette en my hyg-roman “Die Plesier Engel” en ek voel alleen. (Alleen soos, ek soek geselskap, maar ek soek my mens..maar terselfde tyd hou ek van my eie geselskap..ek het al met WAY te veel assholes te doen gehad!!) Confusing as Fuck..I Know!


Ek is die afgelope maand meer angstig en gespanne as normaal, ‘n Halzam (halwe Alzam) elke nou en dan (‘n houertjie van 30 pille het my gewoonlik 3 maande gehou) het verander in 1-2 heles per dag…Wat de Fok??


Soos ek my Deezer shuffle luister, verkies ek vanaand al die downers.

Ek het vandag al drie krismis flieks gekyk en op elke fokken een gehuil (Nou…ek is al op die inspuiting vir 13 jaar…which means no periods, maar ek kan voel die vloei is naby, want my emosies is on a roll).


Ek lees verder aan my hyg-roman en die ridder kom red weereens sy “damsel in distress” , in die middel van Karibib met sy wit Ford plaas bakkie, en opnuut begin die trane WEER teen my gesig afrol.

Die volgende liedjie wat op Deezer speel is “Gotten” van Adam Lavigne (Maroon 5)..Dit gaan oor iemand wat jou net “get” like you’ve never been gotten before..i mean FOK…hoe MOOI!!!


Partykeer wens ek , ek was ‘n lesbeen, want my beste vriendin “get” my, maar fokkit ek is lief vir ‘n man… die stoppels op sy baard, die manlike kurwes van sy lyf, die hare op sy bors en bene, die reuk, die andersgheid en ja…DUH..’n Penis!!! (Nou ‘n penis is nie noodwendig ‘n mooi ding nie, kom ons wees nou maar eerlik, ‘n kaal vrou is baie meer mesmerising..’n kaal man…NOT SO MUCH.. hot in underwear met fokken tight abs,’n bruin gebrande gespierde lyf en lekker defined arms…DIS HOT JA!! Maar dis Meestal mans sonder breins, in advertensies of in die flieks…nie die dad bods waaraan ons girls in hulle middel 30’s gewoond is nie…nothing wrong with a dad-bod ..just saying.)


I’m a giver en is quite mal oor foreplay…inirent eintlik dink ek die rede hoekom ek so baie darvan hou om te gee is omdat ek so ‘n people pleaser is..dat ek meer dit geniet om te gee as om te kry…daai look van total ekstase en happiness, gee my ‘n kick! (juis hoekom ek nooit kry wat EK wil hê nie, want my feelings en needs kom altyd laaste) Shitters, ek klink na ‘n sad mens.


I mean, I’m 35, in the prime of my life, single, (ja, ok bly tans weer by my ouers agv ‘n flat/flip/verband situasie waar ek ook ‘n lekker bedraggie gaan maak—ekstra geld vir my deposito.. maar 2022 is ek uit en my paerentals is darem befote mense), ek sal sê eks tenminste ‘n 7…dalk ‘n 8 op ‘n goeie dag…ok...4kg meer as wat ek wil wees (gelukkig is ek lank..ok..dalk TE lank..1.82, so net EK voel daai ekstra 4, Niemand anders sien dit nie), ek het ‘n great persoonlikheid, ek is snaaks, hou van aktief wees, hou van kinders, kan kook en bak, is great met ouers, love skoonmaak, kan selfs braai en is redelik katools.


Ek kort seks...my liggaam smeek my daarvoor…because its been a while, maar my hart en siel though..het ‘n mind of its own.. want vir my is seks nie net seks nie. En ek soek die real deal, ek soek my beste vriend wat langsaan my lê en stupid movies kyk, tv-games speel terwyl ons take-away pizza eet en ek ‘n bolla het met nie die mooiste panty aan nie. I want MY MENS!! (Die emosionele intimiteit..I mean Ek kan nou by Speak Easy gaan sit en wag vir ‘n ietsie..maar nee dankie)


Desember is maar ‘n weird maand..ek bedoel jy werk HEEL jaar jou gat af..deal met elke klient se kak, people please to the max…dan kom 17 Desember..jys op vakansie, volgende naweek is dit Krismis, volgende naweek New Years en volgende naweek begin alles weer van voor af…FOK …ek kort ‘n vakansie NA my vakansie.



Hoeveel van julle voel so??????


Ps: Anyway die #AngsDuiwel was ‘n kak date, ek het ‘n Halzam gedrink (om my angs te beteul) vroeg oggend, ‘n bier en twee glase wyn gedrink voor hy my kom optel het…ons het uitgegaan, ons het lekker gekuier, lekker gesels, lekker gelag en toe ek my weer kom kry word ek wakker in my vriendin se cottage uitgepass op die bank half 6 die middag alleen with no clue of what happened.


-Serves me right.


Moenie uitgaan en ‘n fool maak van jouself as jy angs het nie, bly by die huis en vat ‘n me-day, enige man sy sout werd sal wag vir jou!!


Die punt is, hy het nie geweet van my angs nie, want ek was te skaam om dit te sê en dus het ek myself in ‘n kak situasie geplaas en hy het seker net gedink ek is ‘n morsige dronk.


Ons het na die tyd daaroor gesels en als is fine, punt is…hy is nie my mens nie, maar luister na jou ligaam en luister na jou siel..want dit is op die ou end van die dag al wat jy kan vertrou.











455 views2 comments

Recent Posts

See All
bottom of page