top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#Canadian

Updated: Apr 4, 2020

So gaan ek ('n week na die Vlinders situasie) na 'n troue toe..'n redelike swierige affêre, die bruid en bruidegom is albei woonagtig in Dubai (sy, 'n ware arabier en hy afkomstig van Suid-Afrika). Die troue was so te sê 80% Dubai se mense. Dit was 'n formidabele geleentheid..blink Riedel glase vol Graham Beck MCC..gin cocktails..fancy canapees en 'n baie bekende Suid-Afrikaanse band Manouche. Ek het nou nie juis gesoek vir die single tafel nie, want vir eens het ek hard gecrush op..Vlinders. (Soort soek mos maar soort)


Die beste manier om oor iemand te kom is "to get under someone" ..so sê hulle, maar dis totale kak..ons girls is anyway mos meer emosies as enigeiets anders. Vir my is dit huidiglik 'n geval van pre-occupy your mind, dan vergeet jy dalk van wat rerig aangaan en wat jy rerig voel. (bedoelend my gevoelens tans vir Vlinders). Dis 'n grand aand met duisende fairylights en spierwit tafeldoeke, rose gold eetgerei en kelners opgetof in tuxedo's.

Die dude aan my linkerkant is 'n moerse hot arabier..charming AF..sauve..met so 'n super aanloklike stoute gesig! My ma (hulle is daar omdat die bruidegom 'n jare lange vriend van my suster is van skool af- hy was soos 'n kind in ons huis) beloer my van oorkant die tafel en met haar lyftaal en handgebare kom ek agter dat sy dink ek die mannetjie moet opchat..hulle wou nog altyd sevens toe gaan en hier was hulle kans. (Hulle kon my net sowel vir 20 kamele daar en dan verkoop het)


Ek is obviously entrigued met hierdie mooi..blas man en moet bysê..ek was nog altyd een vir bad boys en hierdie feelings oor Vlinders het my confidence in 'n ander dimensie in forseer..soo ek check toe die situasie uit. Al is Vlinders in my onderbewussyn is ek nog altyd een gewees vir 'n stoute vrytjie by 'n troue..'n mens is mos tog nie 'n klip nie. Die bruidegom kon die vibe sien aankom en sê toe vir my blatant voor al die "nie afrikaans sprekendes" "Hy is 'n player, dont go there" ...goed genoeg (gelukkig verstaan hulle nie afrikaans nie). 'n Vrytjie is een ding..maar wat die bruidegom bedoel het was duidelik.


Later die aand (tot my verbasing) wys die bruidegom toe uit dat daar 'n baie hubare kanadees is wat al heelaand in my rigting kyk...what..(dis altyd so, as jy happy of verlief is dan is dit asof elke ou waarvan jy al ooit gehou het of wat jou sien na jou toe aangetrek word soos bye na soet parfuum..asof hulle jou "happy glow" sien)

Eventually ontmoet ons, hy is aantreklik (nie so lekker soos die arabier nie) in 'n nerdy kind of way..daar's iets omtrent hom. Hy is 'n joernalis van Toronto wat sy eie koerant besit, die hele fokus is op motors..amper soos 'n Top Gear of Top Car vibe. So hy skryf oor karre, hy ry motorbike, love avontuur, roadtrips en apparently na 'n hele paar uur se gesels...van my..


Ons gesels lekker..rook sigaret na sigaret (teen die die tyd is daar nou al baie drank in my gat)..ons vibe is lekker, hy's intilligent, handsome, dinge gaan goed..ons hou hande vas..lag..dans alles voel soos die begin van 'n moderne romcom en vir 'n paar uur is Vlinders nie eers erens in my brein te vinde nie. Ek is 'n redelike soet meisie..wel ordentlik..ummm wel ek is nie 'n "one night stand" tipe girl nie, maar in hierdie oomblik het ek so stoute gier binne my wat alles oorheers.


Ons was nog besig om te chat toe ek vir #Canadian aan die arm optrek van die bank af en non-chalant girls badkamer toe mission (my ouers was by die tyd al lankal terug by die akkomodasie..just saying)..hy bring 'n baie groot onstuimigheid in my uit! Ek het vry gevoel asof ek een of ander karakter van "Sex and the city" ingeasem het...Samantha...duh!!

Veilig binne in die badkamer hokkie (ek het nie eers geworry of iemand sien ons gaan in nie..drank bring mos die inner demon of alter ego uit my uit..haar naam is Margaux) begin ons soen..soen raak vry...vry gepaart met byt..dis steamy net soos ek verwag het dit sou wees..my eens knie lengte little black dress is nou al opgehurk hoog teen my lies en ek like dit..geen pretensie geen beheer...tot die klop aan die deur...


Dis my suster en hulle wil ry..ek antwoord met 'n amper hygende "ek piepie net gou" ..heel onbewus dat sy actually weet ek is nie alleen in die hokkie nie. (ja..daar was baie geskinder oor die episode na die troue..) Ek maak strategies die badkamer deur oop (hy staan agter) en loop uit kop omhoog...sjoe..safe..i thought (idiot)


Die volgende oggend (#Canadian was in die cottages oorkant ons) voel almal mos vars..ek is in my pajamys, sonder make-up met my tweede koppie koffie en seker my sesde sigaret. Toe ek opkyk sien ek in die verte (daar was 'n dam wat die cottages van mekaar skei) vir #Canadian wat aangestap kom na waar ons buite op die stoep sit. Ek verdwyn bitter vinnig in die huisie in en roep saggies na my ma om my grimeersakkie aan te gee..daars geen manier dat hy my nou so gaan sien in my kaal gewaat nie.


Toe ek weer bietjie meer presentable (nogsteeds in pj's...maar met daai "yes, i woke up like this" look en 'n bra) buite aankom sit hy en my pa al te lekker en gesels. Die chemistry tussen ons is duidelik nog daar alhoewel ons nou albei duidelik nugter en effe broos was.

Ek weet alles gebeur vir 'n rede, maar waarom het ek juis NOU vir #Canadian hierdie naweek by 'n troue ontmoet nadat ek my hart verloor het op iemand anders..en hoekom is hy nou net 'n gedagte en nie meer 'n necessity nie?


#Canadian is nog vir 'n week lank in die Kaap vir 'n bike roadtrip (vir 'n dokumentêr waaraan hy werk) en ons probeer met alle mag om 'n date erens in te werk..want daar's iets...iets wat ons moet expolore..iets dieper as net die binnekant van 'n badkamer hokkie..

My niggie, wat ook kanadees is, is toevallig ook die week in die Kaap. Ek en #canadian maak planne vir die volgende Saterdag middag..sommer drinks in die Waterfront en dan bietjie kuier by sy Air BnB...maar skoon vergeet ek dat my niggie se laaste dag in S.A ook hierdie einste Saterdag is. (EK en my suster het belowe ons gaan) SHIT!


Ek voel verplig om familie eerste te sit en vra toe vir hom of hy wil join by 'n markie in die Suidelike Voorstede.. hy voel olik (ek dink die hele storie was net way te intimidating) en is nie rerig lus vir mense nie en cancel toe. Ek dink ek was net bietjie van 'n pussy en was te bang en nervous..want ek bedoel fok..dis nie eers asof ek en my niggie close is nie, maar so het EK ons enigste moontlike date royaly opgedonner deur ek te bang gat was. Ek het 'n manier om brawe planne te maak terwyl ek drink..en dan te kanselleer..tot my eie spyt.


Dit was 'n sombere Sondag toe #Canadian terug vlieg. Dit was nou nie net meer 'n dammetjie tussen cottages of 'n 30 min karrit (tot in die CBD )wat ons geskei het nie, maar 'n oseaan..en duisende kilometers.


MY hart voel ver en ek en #Canadian gesels elke dag.. die time zone is 'n effense bitch..wanneer ek soggens wakker word..word ek wakker met 'n "good morning gorgeous" message van hom af en ek stuur vir hom "good morning" (vir wanneer hy wakker word) wanneer ek gaan slaap. Dit was 'n redelike moeilike storie, but we made it work.


Daai "good morning gorgeous" en "good night honey" voice notes van hom het my laat smelt soos "Piz Buin" tan lotion op 'n warm somers dag. Op die odd tyd wat ek 5uur die oggend opgestaan het kon ons vinnig weer gesels voordat hy gaan slaap. Ons het vir mekaar fotos gestuur van ons dae, ons naweke, ons lewens. My slaap patroon was 'n gemors...maar-die moegheid was die moeite werd.

My hart het verlang maar elke keer as hy my ge "how are you baby" het met daai kanadese aksent...shit!


Ons sou gereeld video call elke dag, daar was so drie-uur gap waar ons altwee teen 'n menslike uur wakker was en kon. Die feeling was mutual.

Dit was so lekker om hom te sien, hom te hoor en om sy presence te voel (al was dit nie in lewende lywe nie) en hy myne. Ons het ge"baby" voor en ge"baby" agter (imagine net die aksent) ..elke keer het my binneste gedraai..(shit ek wens ek kon die voice nottes vir julle speel!) maar elke text..elke voice note..het my hart net meer laat kwyn..dit was al hoe moeiliker..my hart al hoe meer alleen en al hoe verder weg van hom af.


Alhoewel dit net 'n oseaan was, het dit gevoel soos ligjare wat ons skei. Ek was in 'n dag oor Vlinders (so het ek gedink) en gemaklik oor die idee van 'n lewe saam met #Canadian (ons girls kan tog so ver vooruit dink en overthink en imagine..asof lewe 'n fairytale is). Hokkie..sneeu..budweiser.. Kanuks..karre..en elke oggend wakker word met 'n "hey baby" ..bliss.


Vir so 7 maande het ons heen en weer gekommunikeer. Dit was pretty much 'n verhouding..DIT WAS!

Al wat snaaks was is dat daar geen "physics" was nie..but weirdly enough it did'nt matter, want dit was nie die punt nie..die connection was.

Die weke, dae, ure, minute en sekondes het al hoe langer begin word en ONS moes tot 'n punt kom..I mean seriously.."how could this work"?


Alhoewel ek bitter graag 6maande terug al op 'n vliegtuig sou wou spring en ONS verder explore was Canada (ironies...met my luck) die duurste plek om te besoek en met ons huidige rand situasie was dit fisies onmoontlik..FML

Lewe beweeg ook vorentoe en die feit dat ons elkeen iemand (in ons eie kontinent) kon ontmoet was onvermydelik. Die ergste sou wees as ek book, beplan (dit vat 'n paar maande om te spaar) en oppad was na hom toe net om uit te vind hy het gevoelens vir iemand anders.


Ons maak toe die grootmens besluit en stop dinge: "Bye bye baby".


Ek en #Canadian gesels nogsteeds..al is dit jare later en ons altwee bevind onsself weer enkellopend (na menigte verhoudings en gebeure tussen in) ..en alhoewel ons rand nou nog dieper in die kak is en die Corona Virus ons teister is die moontlikheid om te gaan kuier nou baie meer realisties. (Hulle sê ons behoort weer teen Augustus op dreefd te wees met international travel)

Was dit net 'n oomblik in tyd waar magic ons net bymekaar gebring het om altyd te wonder "what if"...was dit net vir my om oor Vlinders te kom..of sal my gat tog weer eendag begin jeuk en my reguit lughawe toe jaag...ek weet nie, maar vir nou...is my #Canadian daar en sy South-African hier.











120 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page