top of page
Search
  • Writer's pictureoujongnooitjie

#BabaKat


Dit was juis my ouer suster Minkie wat my geinspireer het om ‘n bietjie meer in die millennial rigting te gaan t.o.v dating

Ek as ‘n Old school girl uit ‘n tipiese afrikaanse huis waar ons (my suster was altyd anders) groot geword het om te glo in- die man is die kop en die vrou die nek, die man is ouer, verdien meer geld as jy, hy het sy shit together, is decisive, betaal meerderheid van die die huur en maak nog vir jou ‘n kar deur oop ..dit was vir my ‘n effe bittere pil om te sluk..maar I was open and willing, juis omdat hulle (my suster en haar verloofde) so amazing voorbeeld was van ware, onkonvensionele liefde.

Minkie se kêrel otw verloofde is ‘n hele 11 jaar jonger as sy, maar steeds het hulle net gewerk. Hulle dynamic, maniertjies..hoe hy haar “my lyfie” noem, haar lang, bruin hare streel en dit my in my mond laat kots, maar dis hulle en dis super oulik..ek was eintlik net super jaloers omdat sy eventually haar person ontmoet het..en as SY wat my sussie is met haar astrante maniere en individualiteit haar mens kon vind al was dit nie op ‘n vroeë ouderdom nie..dan is daar hoop vir my en vir jou wat nog doelloos en onseker oor onsself op Tinder rondhang.


In hulle geval was sy die kop en hy die nek, sy’t betaal en hy’t geluister..en wanneer hulle eendag so fortunate sal wees om kids te hê sal HY die stay at home dad wees aka die house husband, I mean..ek is baie lief vir haar maar sy sukkel om ‘n plant aan die lewe te hou..vir jare lank het sy plant na plant by my ma-hulle se huis aangebring en gehoop dat my pa nuwe lewe in hulle sou blaas..en hy het…maar groen vingers het sy beslis nie. My suster is ‘n grafter, sy werk slim en sy werk haar gat af, super erg determined en HY..hy’t gedoen wat sy sê..

Dynamics het ook intussen verander, omdat ‘n verhouding evolve..life happens..lock down happens en hy verdien nou die geld..en SY luister nou meer vir ‘n slag..jou beurt is jou beurt- Go Skoonbroer!

Inelkgeval, hulle is onlangs getroud en God dank daar is nou iemand om daai Fauna en Flora van haar te ondersoek..om te kyk of dinge nog werk daar onder en om dalk net giftige spesies te verwyder wat oor die jare hulle verskynsels gemaak het..indigenious gedoentes ens..haha

Anyway, ek het #BabaKat ontmoet op my normale dating site (wat meestal net kak oplewer deesdae).

Hy was adorable, donker oë, donker hare (my eintlike tipe..it seems), ‘n beautiful glimlag..daai glimlag wat jy in iemand se oê sien.. en ‘n effense lisp…fok OULIK!

Ons het menigte aande om gechat en voice notes het heen en weer gevlieg. Hy het belang gestel, maar nie soos gewone dudes wat dinge seksueel benader nie, hy het gehou van my as persoon, ons kon lekker gesels en baie lekker lag.. en ons almal weet hoe belangrik ‘n goeie sin vir humor is.

Een effense besope Saterdag aand (ja, ok dit gebeur gereeld..the single life) sit ek by die huis en drink ‘n wyntjie of 6 en reël onbewustelik ‘n date vir die volgende dag, Sondag (Julle almal weet teen hierdie tyd dat ek bitter kak besluite maak terwyl ek aangeklam is). So..sit ek die Sondag by my vriendin se huis wat my naels gel en ek en #BabaKat gesels…waar hy my herinner oor ons date…oooh my Fok, ekt heeltemal uitgespace…black out? God dank die vriendin van my het ‘n flatiron (nou nie ‘n Ghd nie, maar iets is beter as niks).Toe die laaste nael gedoen ,spring ek soos ‘n meerkat daar in die kamer in en begin stryk aan die krul kop..ek het baie hare. Ek was nou nie juis op my beste vorm nie..klere gewys, maar there was no time…the time was now…shit.

Ons kry mekaar by ‘n local kuierplek in die dorp (nie MY local nie), een waarntoe ek nie gewoonlik gaan nie, oor ek effe skaam gevoel het oor die jong kêrel en ek wat soos ‘n cougar gaan lyk. (Hoekom de fok worry ons anyway so baie wat ander mense dink..dis ridiculous!!?)

Ek daag so halfuur vroeër op..net om die nerves te kalmeer, drink ‘n glas wyn (nie ‘n bottel nie, want ons weet nie hoe die aand gaan uitdraai nie..en ja, na ‘n glas wyn kan mens loop, maar wanneer jy ‘n bottel bestel moet jy bly tot hy klaar is).

Na ‘n paar glase, oorreed die barman ons om ‘n bottel te bestel, dis mos meer cost- effective (soos ek gesê het..Sondae is moeilikheid..wel vir my atleast) Met elke teug van die glasie wyn raak ons al hoe meer flirty, comfortable en losbandig..die res van die aand was ‘n blur en ek het Maandag oggend wakker geskrik met ‘n moerse kopseer,’n groter smile (‘n jonger man is mos goed vir die ego) en geen benul van wat verder gebeur het nie…SHIT!!

Ek nervous as shit oor wat ek dalk kon aanvang of sê..en geen clue het van wat verder gebeur het nie,..dalk dink hy ek is mal of morsig..is toe maar stil tot hy my toe weer message vroeg middag om my te herinner aan ons lekker vry binne in die kuierplek..shit..flashbacks.(nou onthou ek). Ons dorpie is klein en almal ken almal en almal se stories..dieselfde crowd by die gym hang uit by die kroeë..nou nie sweizer reineke klein nie, maar tog…slim Margret met haar hokkie groep misshap.

Inelkgeval ek en #BabaKat het toe vir so 2maande heen en weer gechat en mekaar gesien..altyd net gevry nothing more.

Hy het my in sy vertoue geneem en vertel van issues met flatmates en vriende..totdat hy homself otw ons in die voet geskiet het deur vir sy flatmates te vertel het wat hy my vertel het., hy was so gentle eerlike siel..actually baie meer mature as sy vriende..Toe is daar kak..sy vriende was nie baie happy nie..en so was #BabaKat gedwonge ge”whip” deur sy early 20’s..issue gedrewe..kinderagtige maaitjies.


Ek weet ek bevind myself altyd in die middel van een of ander drama, maar ek haat dit en hier het ek ‘n keuse gehad.. Ek is immers 30 en het nie krag vir kinderkak nie.

Alhoewel #BabaKAt na my gekyk het asof ek die mooiste ding is op twee bene, my op die hoogste pedestal gesit het en altyd wou betaal vir alles al was hy ‘n student en pappa het sy huur betaal, was die situasie net ‘n bietjie te veel vir my..en ek was nie bereid om te baklei of om te compete met sy Millenial tjommies nie. Ek weet uit personal experience uit dat as my vriende nie van iemand hou nie, is dit tickets..want dis die belangrikste mense in my lewe en die mense wat my die beste ken.

Dit was ‘n hartseer dag toe my en #BabaKAt se paaie finaal skei veral omdat dit nie ‘n fisiese affêre was nie, maar dit was nodig..wat het die toekoms rerig vir ons ingehou? (He had his whole life ahead of him..hy was 24. Het jy geweet wie jy was toe jy 24 was? Ek was reg is vir ‘n serious verhouding en hy was net besig om fun te hê in lewe..ek kon nie sy tyd sooo steel nie, I mean hy was vars op Stellenbosch…soveel akkers om nog op sy kop te te val, randomn vrye in die laan, Koos Kombuis, Bohemia boksies wyn en dronk Jool tye..)

Al is ek redelik oop vir jonger mans, sou hierdie #BabaKAt net nie vir my kon gee wat ek nodig gehad het emoitionally nie and I didn’t expect it...so like Elsa said..let it go


Ek en hy is tot vandag toe nog vriende..hy het iemand ontmoet en ek is oorstelp vir hom.

Hy sal altyd ‘n baie diep plekkie in my hart hê..MY #BabaKat



130 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page